Vers n dag - 16 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 31: STEL JY GOD EERSTE . . . IN JOU WERKPLEK? (DEEL 5)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Hier is ’n moderne weergawe van Psalm 23 vir elkeen in die werkplek:
PSALM 23 (AANGEPAS)
Die Here is my eintlike baas ek kom niks kort nie.
Hy maak my rustig, al is daar chaos rondom my.
Hy bring my by waters waar daar vrede is,
al woed die kantoorpolitiek rondom my.
Hy gee my telkens nuwe krag
wanneer die werklas en die verantwoordelikhede my wil oorweldig.
Wanneer die gevaarlike weë van korrupsie vir my wink,
lei Hy my tot sy eer op die regte pad.
Selfs al gaan ek deur die donker dieptes van
ontelbare e-posse, rekenaars en netwerke wat “oppakâ€,
die rugstekery van kollegas, bestuurders, begrotings en
’n moeë liggaam wat ek soggens uit die bed moet sleep,
sal ek nie bang wees nie, want U is met my.
In u hande is ek veilig.
U laat my by die feesmaal van u liefde aansit,
selfs al dreig die regering met verdere “regstellende aksie†of al is daar praatjies
van afskaling en afdankings in die maatskappy waarvoor ek werk.
U ontvang my soos ’n eregas
selfs al word ek telkens deur my bestuurders oor die hoof gesien.
Ek word oorlaai met u hartlikheid
al ontvang ek weinig erkenning vir my harde werk.
U goedheid en liefde is vir my meer werd,
as enige bonustjek, want dit sal my lewe lank by my bly.
Al is my mediese voordele en my pensioen maar skraps,
sal ek tot in lengte van dae by U tuis wees,
in die Ewige Aftree-oord wat U vir my beloof!
(Skrywer van aangepaste Psalm 23: Onbekend.)
Mag jy hierdie week ingaan met die wete dat God jou werkgewer is. Mag jy sy teenwoordigheid ervaar in elke besluit wat jy neem. En mag jy ’n ligdraer vir Hom wees sodat jou kollegas rondom jou geïnspireer word om jou Leidsman beter te leer ken. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U my daagliks lei in my werkplek. Help my asseblief om my oë oop te hou vir geleenthede waar ek vir U ’n instrument kan wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Lees Psalm 23 hier: http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-1&book=PSA&chapter=23&version=1&GO=Wys
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by 021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
VYF STAPPE OM ’n VERS-’n-DAG INTEKENAAR TE WORD:
- Stap 1: Besoek ons webwerf, www.versndag.co.za
- Stap 2: Klik op “Intekenareâ€. Kies of jy Engels of Afrikaanse stukke wil ontvang.
- Stap 3: Jy tik jou e-posadres twee maal in en stuur dit aan ons.
- Stap 4: Jy ontvang ’n e-pos van ons as bewys dat jy ingeteken het. Jy MOET op die e-pos reageer deur op die skakel te klik.
- Stap 5: Sit agteroor en wag op jou eerste Vers die volgende oggend!
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus