Vers n dag - 13 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 30: STEL JY GOD EERSTE . . . IN JOU WERKPLEK? (DEEL 4)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Vraag vir die dag: “Watter Bybelse beginsels kan ek in my onderneming toepas?â€
Hier is my antwoord in die vorm van ’n getuienis:
As onderwyseres het Ilse Roux aanvanklik haar passie vir naaldwerk uitgeleef deur matriekafskeidrokke vir die leerders te maak. Toe sy een ná die ander prys vir haar ontwerpe begin opraap en al hoe meer bruide haar begin vra om hulle trourokke te maak, het Ilse besluit om haar onderwysloopbaan met haar eie naaldwerkstudio te vervang. Die enigste probleem was dat huurgeld vir ’n studio al die wins van haar klein, nuwe besigheid sou insluk.
Nadat sy verskeie opsies oorweeg het, het Ilse en haar man, Francois, besluit om liewer die huurgeld wat hulle vir ’n studio sou betaal te gebruik om vir Ilse haar eie studio by die huis aan te bou. Aangesien hulle in daardie stadium reeds maandeliks hulle tiende aan God gegee het (en God se seën daarop beleef het), het hulle besluit om God vir ’n wonderwerk te vertrou. Saam het hulle uitgewerk wat Ilse se inkomste uit die naaldwerkstudio per maand moes wees om haar salaris as onderwyser te vervang en ook die skuld vir die bouwerk af te betaal. Al het hulle toe nog nie begin bou nie, het hulle van daardie volgende maand af begin om ’n tiende aan God te gee van die bedrag waarop hulle gehoop het. Vir hulle was dit ’n teken aan God dat hulle Hom vir ’n deurbraak vertrou het.
Toe Ilse eindelik haar studio se deure oopmaak, het hulle verstom gestaan en kyk hoe God die vensters van die hemel oor haar onderneming oopgemaak het (soos God in Maleagi 3:8-10 beloof). Maand ná maand het haar besigheid gegroei.
Vandag is dit sewe jaar later. Ilse se onderneming groei steeds terwyl sy dit volgens Bybelse beginsels bestuur. Op die vraag waarom dit vir haar so belangrik is, antwoord sy vinnig: “Alles wat ek besit behoort aan God. Ek bestuur dit bloot vir Hom.†Teen Mei vanjaar het Ilse en haar span vir 2010 reeds 300 trourokke vervaardig.
Hebreërs 4:13: “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.â€
Ilse verstaan dat God alles in haar onderneming sien. Sy verstaan ook die belangrikheid om te alle tye eties en met integriteit op te tree. In die lig hiervan het sy reeds saam met ’n klomp ander besigheidseienaars die Onbeskaamd Eties-verklaring (een van Global Day of Prayer se nuutste projekte) onderteken. Met hierdie verklaring verbind sy haarself en haar besigheid tot hierdie agt Bybelse beginsels (sien meer inligting oor die projek onderaan):
1)Â Â Â Â Â Om eties en met integriteit die vervaardiging en verskaffing van produkte en dienste van hoogstaande kwaliteit na te streef.
2)Â Â Â Â Â Om te weier om enige omkoopgeld te aanvaar of te betaal.
3)Â Â Â Â Â Om verskuldigde belasting te betaal.
4)Â Â Â Â Â Om billike salarisse en lone te betaal.
5)     Om doelbewus te belê in die welwese van die mense in jou diens en hulle families.
6)Â Â Â Â Â Om proaktief, in my sfeer van invloed en deskundigheid in die markplek, transformasie na te streef.
7)Â Â Â Â Â Om vrygewig en opofferend te gee sodat sistemiese armoede in die groter gemeenskap uitgewis kan word.
8)     Om doelbewus te netwerk met ander maatskappye, besighede, professionele persone en individue om die wêreld om ons positief te verander.
Kan jy met ’n geruste hart sê dat jy hierdie beginsels daagliks uitleef? Onthou, God sien alles en jou onderneming (of die onderneming waarvoor jy werk) behoort aan Hom. Is dit nie dalk tyd om jou besigheid te begin bestuur sodat Hy daarop kan trots wees nie? Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U, u hand oor my besigheid hou. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om met integriteit teenoor my werkgewer/werknemers op te tree. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
- Jy kan ook die Onbeskaamd Eties-verklaring onderteken. Klik hier vir meer inligting: http://tornadothemovie.com/documents/Ethical_Form_Afrikaans_23May08.pdf. Hier is die amptelike webwerf: http://www.unashamedlyethical.com/Home/default.asp.
- Ilse Roux se webwerf: http://www.ilserouxbridal.co.za/
- FOTO’S van Ilse Roux se studio: Besoek STORIES VAN HOOP se bladsy op die sosiale netwerk, Fbook (ons gebruik die afkorting omdat heelwat maatskappye eposse met die volledige naam blok).
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by 021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
VYF STAPPE OM ’n VERS-’n-DAG INTEKENAAR TE WORD:
- Stap 1: Besoek ons webwerf, www.versndag.co.za
- Stap 2: Klik op “Intekenareâ€. Kies of jy Engels of Afrikaanse stukke wil ontvang.
- Stap 3: Jy tik jou e-posadres twee maal in en stuur dit aan ons.
- Stap 4: Jy ontvang ’n e-pos van ons as bewys dat jy ingeteken het. Jy MOET op die e-pos reageer deur op die skakel te klik.
- Stap 5: Sit agteroor en wag op jou eerste Vers die volgende oggend!
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus