Vers n dag - 12 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 29: STEL JY GOD EERSTE ... IN JOU WERKPLEK? (DEEL 3)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Vraag vir die dag: “Wat moet ek doen as dit voel asof ’n onbeskofte kollega of werkgewer net nie wil verander nie?â€
Hier is my antwoord in die vorm van drie getuienisse:
Getuienis 1: Vroegoggend, wanneer niemand nog by die kantoor is nie, stap Martie van stoel tot stoel. Hier salf sy dit liggies met ’n druppeltjie olie terwyl sy bid dat God die kollega wat op daardie stoel sit sal aanraak en seën. Al was Martie aanvanklik die enigste gelowige in haar kantoor en al het sy nooit openlik oor haar geloof gepraat nie, het sy met hierdie aksie die grond voorberei sodat die Heilige Gees in haar kollegas se harte kon werk. Dit is dus geensins vreemd dat haar kollegas wat hindernisse in hulle lewens beleef het keer op keer gekies het om met Martie te gaan gesels. Tydens hierdie gesprekke kon Martie God se liefde met hulle deel sonder dat hulle ooit geafronteerd gevoel het. Met tyd het Martie gereeld verbaas gestaan en kyk hoe God haar kollegas se lewens aanraak en verander.
Getuienis 2: In Brighton, Engeland sal jy gereeld sien hoedat John Prudo liggies met sy hand aan die sluitkassies van die leerders raak wanneer hy in die skool se gange daarby verbystap. Hoewel hierdie valerige onderwyser met die dik bril in die wêreld se oë geensins indrukwekkend lyk nie, is hy in God se oë ’n generaal. Hoekom? Elke keer wanneer Meneer Prudo verby die sluitkassies stap, bid hy vir elke leerder wat uit ’n ongelowige huis kom, vir elkeen wat ’n immorele leefstyl handhaaf en/of vir elkeen wat nog nie met die lewende God kennis gemaak het nie. Keer op keer is dit die vaal meneer na wie die kinders draai wanneer ’n krisis hul paaie kruis. Op die oog af ’n vaal onderwyser. In God se oë ’n generaal teen die duisternis!
Storie 3: Toe Hanlie en haar span onlangs kaartjies met teksverse in die gange van hul kinders se laerskool opplak, het min van die omstanders die storie agter die kaartjies geken. Voordat hulle die kaartjies opgeplak het, het hulle elke kaartjie gesalf en daaroor gebid. Die doel van hierdie projek was om die kaartjies op te plak sodat die kinders die kaartjies weer sou afhaal om saam met hulle deur die dag te dra. Hierdeur kon die Heilige Gees in die kinders se harte werk elke keer as hulle na die kaartjies kyk. Dit was geensins ’n verrassing toe die kaartjies binne ’n dag of twee nadat dit opgeplak is, deur die kinders opgeraap is nie.
Matteus 6:3-4: “Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.â€
Ons vertel maklik vir die wêreld van ’n onbeskofte kollega wat ons irriteer, van ’n werkgewer wat net nie kan ophou om die lewe vir ons moeilik te maak nie of van ’n ongelowige kollega wat aanhoudend God se naam ydellik gebruik. Meestal vind ons simpatie van ons vriende wat ons in ons kwaad stook.
Tog wonder ek, hoeveel van ons kies om eerder in stilte op ons knieë te gaan en met God oor hierdie sake te gesels? Hoeveel van ons vertrou dat Hy sal ingryp om die persoon se hart te verander? Besef ons aldag dat dit Hy is wat harte versag, wat vrede laat neerdaal en wat deur sy Heilige Gees iemand kan stop om sy Naam ydellik te gebruik?
Soms kan ek nie help om te dink aan die breë glimlag wat op God se gesig verskyn elke keer wanneer Martie by een van die stoele in haar kantoor gaan staan, wanneer Meneer Prudo weer met sy hand oor die sluitkassies gly of wanneer Hanlie en haar span nuwe kaartjies in die gang opplak nie. God sien alles wat verborge is – en dit is Hy wat dit op sy tyd beloon. Vertrou Hom daarmee! Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U van alles in my lewe weet en dat U elke gebed wat ek bid, hoor. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om in liefde teenoor my kollegas op te tree terwyl ek deur my optrede u lig in hul lewens inskyn. Help my asseblief om geduldig te bly. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Praatjie: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker op Lentedag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Vir meer inligting, kontak Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
VYF STAPPE OM ’n VERS-’n-DAG INTEKENAAR TE WORD:
- Stap 1: Besoek ons webwerf, www.versndag.co.za
- Stap 2: Klik op “Intekenareâ€. Kies of jy Engels of Afrikaanse stukke wil ontvang.
- Stap 3: Jy tik jou e-posadres twee maal in en stuur dit aan ons.
- Stap 4: Jy ontvang ’n e-pos van ons as bewys dat jy ingeteken het. Jy MOET op die e-pos reageer deur op die skakel te klik.
- Stap 5: Sit agteroor en wag op jou eerste Vers die volgende oggend!
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus