Vers n dag - 11 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 28: STEL JY GOD EERSTE ... IN JOU WERKPLEK? (DEEL 2)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
[AGTERGROND: Baie dankie vir elke epos wat ek gister ontvang het. In die volgende paar dae sal ek probeer om van die mees algemene vrae uit die e-posse in die dagstukkies te beantwoord.]
Vraag vir die dag: “Moet ek bedank as ek die enigste Christen in die maatskappy is waarvoor ek werk?â€
In antwoord op dié vraag deel ek ’n getuienis van een van ons lesers:
“Anita, ek het ’n klagte ontvang dat jy en ’n kollega elke oggend ’n paar minute uit die kantoor ‘verdwyn’. Is dit waar?†Waar Anita in die kantoor van die besturende direkteur van haar maatskappy gesit het, het haar hart ’n slag gemis. Tot dusver was haar werkgewer nog altyd baie tevrede met haar werk. Hoe sou sy nou aan hom kon verduidelik dat sy nie agterlosig is nie, maar dat sy en haar kollega elke oggend ’n paar minute vroeër werk toe kom sodat hulle ’n paar minute saam kan bid? En wat sal haar werkgewer se reaksie wees? Die laaste keer wat Anita en haar vriendin openlik oor hul geloof in die kantoor gepraat het, het hul kollegas hulle in hul gesigte uitgelag.
Met ’n swaar hart het Anita vorentoe op haar stoel gesit. “Meneer,†het sy vasberade begin. “Ek is regtig jammer oor hierdie klagte. Ek wil graag verduidelik. Wanneer ons in die oggend die kantoor verlaat, gaan sit en bid ons tien minute lank saam. Ons bid spesifiek vir die maatskappy, die bestuurders en ons kantoor en die mense wat nie die Here ken nie ... â€
Nadat Anita klaar gepraat het, het ’n stilte in die kantoor gehang. Te mete aan die uitdrukking van skok en verbasing op haar werkgewer se gesig, was dit duidelik nie die antwoord wat hy verwag het nie. Vir ’n oomblik lank het hy effens ongemaklik rondgeskuif voordat hy geantwoord het: “In daardie geval is ek regtig jammer oor die misverstand. Ek het nie besef dat dit is wat julle doen nie ... â€
Toe Anita daardie dag haar werkgewer se kantoor verlaat, het hy nie net vir haar toestemming gegee om aan te hou bid nie. Hy het ook vir Anita gevra om voortaan deel van hulle bestuursvergaderings te wees omdat hy graag haar insette daar sou wou hê. In een dag het God vir Anita van ’n gewone werknemer tot deel van die bestuurspan bevorder omdat sy Hom eerste in haar werkplek gestel het.
Jakobus 5:16: “Die gebed van 'n gelowige het ’n kragtige werking.â€
Verkeer jy vandag in ’n soortgelyke situasie as Anita? Is jy een van die min Christene in jou maatskappy? Voel jy of die duisternis jou wil vasdruk wanneer jou kollegas of werkgewer jou vra om oneties op te tree? Of kan jy die onenigheid in jou maatskappy aanvoel?
Onthou, ons is daagliks in ’n onsigbare stryd teen die duisternis betrokke. Die bose se strategie is om konflik in die werkplek te laat uitbreek, om ons mismoedig te laat, om skinderstories die rondte te laat doen, om projekte te laat misluk, om korrupsie te laat seëvier, om ons geïrriteerd en kwaad vir mekaar te laat.
God se plan is egter om ons met wysheid en onderskeiding te lei. Hy wil hê dat ons elke projek met integriteit moet aanpak sodat Hy aan ons guns en sukses kan gee. En wanneer ’n hindernis ons pad kruis, wil God hê dat ons Hom vir ’n uitkoms moet vertrou. Só beleef ons immers sy teenwoordigheid daagliks in ons lewens.
PRAKTIESE RIGLYNE VIR ’n MOEILIKE WERKPLEK:
Besef opnuut dat God jou as sy instrument in jou huidige situasie wil gebruik. Begin bid sommer in jou motor op pad werk toe vir elke kollega in jou kantoor. Bid dat God deur sy Heilige Gees dié wat Hom nog nie ken nie se harte sal aanraak en versag sodat hulle, hul afhanklikheid van Hom sal besef. Bid dat die bestuurders van jou maatskappy met integriteit sal optree. Ook dat God jou sal beskerm en met wysheid en onderskeiding sal lei om te weet wanneer jy iets vir ’n kollega moet sê en wanneer jy liewer moet stilbly en bid terwyl jy in liefde bly optree. Onthou: Jou optrede spreek harder as woorde. Bid ook dat geen planne van die bose om konflik, onenigheid of korrupsie in jou maatskappy aan te vuur, sal slaag nie.
Bid ook dat God jou se wil in jou werkplek sal geskied. Onthou, Hy hoor en beantwoord elke gebed wat met ’n opregte hart gebid word – soms is sy antwoord net nie heeltemal soos jy dit verwag het nie. Sterkte!
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U in beheer van my lewe en planne is. Lei my asseblief deur U Heilige Gees om met wysheid en liefde teenoor my kollegas in die werkplek op te tree. En gebruik my as u instrument waar U my ook al benodig. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Praatjie: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker op Lentedag, 1 September 2010 in die Wolseley-omgewing. Vir meer inligting, kontak Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
VYF STAPPE OM ’n VERS-’n-DAG INTEKENAAR TE WORD:
- Stap 1: Besoek ons webwerf, www.versndag.co.za
- Stap 2: Klik op “Intekenareâ€. Kies of jy Engels of Afrikaanse stukke wil ontvang.
- Stap 3: Jy tik jou e-posadres twee maal in en stuur dit aan ons.
- Stap 4: Jy ontvang ’n e-pos van ons as bewys dat jy ingeteken het. Jy MOET op die e-pos reageer deur op die skakel te klik.
- Stap 5: Sit agteroor en wag op jou eerste Vers die volgende oggend!
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus