Vers n dag - 10 Augustus
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 27: STEL GOD EERSTE ... IN JOU WERKPLEK? (DEEL 1)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Voel jy of jy vandag op die punt staan om te bedank omdat jy nie langer jou onregverdige baas of onbeskofte kollega kan verdra nie? Het jy al ooit spesifiek vir jou ongelowige kollegas in jou kantoor of maatskappy gebid? En as jy eerlik moet wees: Aanvaar jy jou werk as vanselfsprekend of besef jy dat dit ’n gawe uit God se hand is?
Tydens verlede week se mini-reeks oor finansies het ek ’n hele paar vrae van lesers gehad oor hoe mens God in jou werkplek eerste kan stel. In die lig hiervan wil ek in die volgende paar dae kyk na die vraag: “Hoe stel mens God eerste in jou werkplek?â€
Om dié mini-reeks af te skop begin ek met drie vrae, asook vyf Bybelse beginsels wat ons optrede in die werkplek kan rig:
VRAAG 1: WAT WAS DIE MENS SE AANVANKLIKE “WERK†OP AARDE?
- Genesis 1:28: “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.’â€
- Genesis 2:15: “Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.â€
VRAAG 2: WAAROM IS WERK VANDAG SOMS VOL SOVEEL UITDAGINGS?
- Genesis 3:17-19, 23: “Vir die mens het die Here God gesê: ‘Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ’n bestaan maak, jou lewe lank ... net deur harde werk sal jy kan eet ... Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.â€
VRAAG 3: WAT SÊ GOD SE WOORD OOR LUI MENSE?
- 2 Thessalonicense 3:10: “... As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.â€
VYF BEGINSELS VIR DIE WERKPLEK:
BEGINSEL 1: WERK ASOF GOD JOU WERKGEWER IS
- Efesiërs 6:6: “Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie werk sodat mense van julle kan hou nie ... Nee, dit moet vir julle wees soos wanneer julle vir die Here self werk, nie soos wanneer julle vir mense werk nie.â€
BEGINSEL 2: VRA VIR GOD WYSHEID EN LEIDING
- Jakobus 1:5: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee ... â€
BEGINSEL 3: TREE IN ELKE SITUASIE MET INTEGRITEIT OP
- Deuteronomium 25:15-16: “As jy lank wil lewe in die land wat jou God die Here vir jou gee, dan moet jy gewigte en mate gebruik wat reg en eerlik is. Want die Here haat dit wanneer mense oneerlik is.â€
BEGINSEL 4: MAAK GOD DEEL VAN JOU PLANNE
- Spreuke 16:3: “Jy moet vir die Here vra wat jy moet doen, dan sal jou planne slaag.â€
BEGINSEL 5: MOENIE NET PRAAT NIE, WERK HARD!
- Spreuke 14:23: “Wanneer iemand hard werk, dan kry hy baie dinge. Wanneer iemand net praat en niks doen nie, dan bly hy arm.â€
GEBED VIR DIEGENE MET ’n WERK:
Vader God, baie dankie vir my huidige werk. Help my om elke situasie in die werkplek met ’n positiewe gesindheid aan te pak terwyl ek daarna streef om deurentyd met integriteit en wysheid op te tree. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
GEBED VIR DIEGENE WAT TANS WERK SOEK:
Vader God, baie dankie dat U van my huidige situasie weet. Help my om positief te bly selfs al neem die soektog soms langer as waarvoor ek gehoop het. Lei my na die regte maatskappy en gee vir my wysheid, selfvertroue en guns wanneer ek vir ’n werksonderhoud moet gaan. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
- Verdere vrae: Stuur gerus jou vrae oor die huidige tema na
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
- Bybelvertalings: Vir die daaglikse Vers-’n-Dag word die Bybelgenootskap se 1953- en 1983-vertalings gebruik, asook die nuutste BYBEL VIR ALMAL. Die Bybel kan aanlyn gelees word by: http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-1&book=GEN&chapter=1&version=1
NUUSBROKKIES:
- Praatjie: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker op Lentedag, 1 September 2010 in die Wolseley-omgewing. Vir meer inligting, kontak Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus