Vers n dag - 3 Augustus
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 23: STEL JY GOD EERSTE ... MET JOU FINANSIES (DEEL 1)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: As jy vir ’n oomblik saam met God na jou huidige finansiële situasie moet kyk, sal jy trots wees op die besluite wat jy onlangs geneem het? Stel jy Hom eerste? Omdat ons so baie navrae oor die tema van finansies van lesers kry, het ek besluit om ’n paar dae lank vanuit ’n Bybelse perspektief na die tema te kyk. Hier is solank ’n paar teksverse om jou gedagtes aan die gang te sit… ]
WAT SÊ GOD OOR ...
... DIE GEE VAN TIENDES VAN ONS INKOMSTE?
- Maleagi 3:10: “Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Bring die hele tiende (van jou inkomste) na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.†(1953-vertaling)
Gee jy soos Abel die eerste en beste gedeelte van jou inkomste aan God? Of gee jy soos Kain slegs ’n gedeelte van die oorskiet?
... ONS LIEFDE VIR GELD?
- 1 Timoteus 6:10: “Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad.â€
- Prediker 5:9: “Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.
- Hebreërs 13:5: “Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.â€
Is jy tevrede met wat God vir jou gegee het of is jy altyd besig om meer en meer rykdom te wil bekom om die mense om jou te probeer beïndruk?
... ONS HULP VIR ARMES?
- Spreuke 19:17: “Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.â€
Help jy diegene in nood rondom jou waar jy kan of kies jy om jou blind te hou vir hulle nood?
... JOU FINANSIES EN WERKETIEK?
- Levitikus 19:13: “Jy mag nie jou naaste uitbuit of hom beroof nie. Jy mag nie 'n dagloner se loon terughou tot die volgende dag nie.â€
Is jy eerlik in elke besigheidstransaksie? Betaal jy jou werknemer, bediende en/of tuinier wat hom/haar toekom? Of neem jy kortpaaie en/of boet jy jou integriteit in om verder voor te kom?
... OOR JOU FINANSIËLE BEPLANNING VIR DIE TOEKOMS?
- Lukas 14:28-30: “Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. Hulle sal sê: 'Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’ â€
Bestuur jy jou finansies met wysheid sodat jy voorsiening vir die toekoms maak?
Onthou, al die geld in die wêreld behoort aan God (Psalm 24:1). Ons besittings en geld is dus net tydelik aan ons geleen om ’n bestaan op aarde te voer. Wie van ons kan ’n sent saamneem hemel toe? Wees dus ’n goeie rentmeester. Soek na geleenthede om diegene in nood rondom jou te help terwyl jy bid vir wysheid om goeie finansiële besluite te neem. Só sal jy op jou oudag steeds goed na jouself en jou geliefdes kan omsien. Dit is immers ’n Bybelse beginsel! Sterkte.
Vader God, baie dankie vir al my besittings en geld wat U aan my toevertrou het. Help my asseblief om daagliks ’n goeie rentmeester te wees en in wysheid besluite oor my toekoms te neem. Ek bid daarvoor in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Praatjie: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker op Lentedag, 1 September 2010 in die Wolseley-omgewing. Vir meer inligting, kontak Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus