Vers n dag - 29 Julie
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 20: STEL JY GOD EERSTE ... IN SITUASIES WAT NIE SIN MAAK NIE?
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Ek het hierdie week ’n geleentheid bygewoon waar voormalige Springbokkaptein, André Vos, as spreker opgetree het. Deur die loop van sy praatjie het hy verskeie staaltjies vertel wat sy vriend, die voormalige Springbokflank, André Venter, ingesluit het. Ná afloop van sy praatjie kon die gaste vrae vra. Een van die mans in die gehoor het opgestaan met hierdie vraag: “André, hoe verduidelik jy dat iemand soos André Venter, wat ’n kind van God is, nou gedeeltelik verlam gelaat is nadat hy ’n virale infeksie opgedoen het.â€
DÃt is seker een van die oudste vrae wat die mensdom oor die eeue heen al vra: Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense? Ons kan byvoeg: Hoekom is daar soveel natuurrampe wat mense se lewens vernietig? Hoekom is daar kinders wat gemolesteer of verkrag word? Hoekom is daar gestremde mense? Hoekom is daar arm mense? Die vrae is eindeloos.
Daar is egter geen maklike antwoord op hierdie vrae nie. Wat ons wel moet onthou is dat ons daaglikse stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose magte in die lug (Efesiërs 6:12). Die bose wil skade aanrig en ons dan oortuig dat dit God is sodat ons Hom moet blameer. Die waarheid is: God sien die groter prentjie en Hy hou ons te midde van enige storm in hierdie gebroke wêreld styf teen sy bors vas – selfs al voel dit nie altyd so nie.
Dink ’n oomblik terug aan die verhale uit die Bybel. Waarom het God die Israeliete met ’n pad deur die woestyn gelei wat hulle voor die Rooisee laat staan het as Hy geweet het dat die Egiptenare hulle gaan agtervolg? God wou sy almag aan hulle demonstreer deur ’n pad vir hulle deur die water te maak.
Hoekom het Jesus ekstra lank gedraai toe Hy en sy dissipels op pad was om sy siek vriend, Lasarus te gaan besoek? Toe Lasarus uit die dood opgewek is, het ’n klomp van die omstanders tot bekering gekom omdat hulle God se grootheid en almag eerstehands beleef het. Hoekom is sommige mense blind of doof gebore? In Johannes 9 antwoord Jesus sy dissipels se vraag of dit is omdat die ouers sonde gepleeg het: “Dit is nie deur sy eie (die blinde man se) sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.â€
En as siek, blinde of dowe mense nie genesing ontvang nie? Dan gebruik God steeds die persoon te midde van sy/haar moeilike situasie om sy Naam te verheerlik.
Luister weer na God se woorde in Jesaja 55:9: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.â€
Hoekom het God toegelaat dat André Venter gedeeltelik verlam word? Ek weet nie. Hoekom het God vir voormalige Springbokspeler, Ruben Kruger weggeneem as hy nog twee klein dogtertjies het? Ek weet nie. Wat ek wel weet is dat God in beheer is. Sy gedagtes is hoër as ons gedagtes. In Romeine 8:28 vind ons die bemoedigende woorde dat Hy alles in ons lewens ten goede laat meewerk wanneer ons Hom liefhet. Is jy tans in ’n storm? Onthou, God is in beheer. Hy hou jou in die oog van die storm waar dit doodstil is, styf teen sy bors. Vertrou Hom daarvoor. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek te midde van enige krisis in my lewe voor U kan stil raak. Help my asseblief om nie moedeloos te word nie, maar met ’n  verwagting in my hart uit te sien na hoe U ook my seer in ’n oorwinning en getuienis vir U sal omdraai. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen
Nota: Baie dankie vir die baie terugvoer oor die helde van die Bybel sub-reeks. Ek sal op ’n latere stadium ’n uitgebreide reeks hieroor doen. Groete. Benescke
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus