Vers n dag - 13 Julie
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 8: STEL GOD EERSTE ... Â AS DIT GOED GAAN!
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Die afgelope paar dae het ek gereeld eposse van lesers gekry met hierdie vraag: “Benescke, hoe stel mens God eerste wanneer dit goed gaan in jou lewe?†Is dit dalk vandag jou vraag?
Dink vir ’n oomblik terug aan die droom wat God aan die Egiptiese koning in Genesis 41 gegee het. Sewe mooi, vet koeie het langs die Nyl gestaan en wei toe sewe maer en lelike koeie opdaag en die vet koeie opvreet. Steeds het die maer koeie lelik en maer gebly.
Nadat niemand die koning se droom kon uitlê nie, het die wagte vir Josef uit die tronk laat haal. God het aan Josef die openbaring van die droom gegee: Die sewe mooi koeie verteenwoordig sewe jaar van oorvloed in Egipte. Die sewe maer, lelike koeie verteenwoordig sewe jaar van hongersnood wat daarop sou volg. Josef het aanbeveel dat die koning beamptes vir die hele land moes aanstel om tydens die sewe jaar van oorvloed graan in graanskure bymekaar te maak en te bewaak sodat daar gedurende die hongersnood genoeg kos in die land sou wees …
Wat sou gebeur het as die koning die droom geïgnoreer het? Wat sou gebeur het as die Egiptiese regering geweier het om voorsorg te tref? En wat sou die effek van die hongersnood op Egipte en die nasies rondom gewees het as die Egiptenare nie na die waarskuwende droom geluister het nie?
Ons beleef ook van tyd tot tyd seisoene van voorspoed en geluk. Daardie tye waarin ons gemaklik leef, waarin ons met ’n glimlag na ons gelukkige families kyk, waarin ons gereeld bevorder word en waarin ons geen groot uitdagings in ons lewens beleef nie. Dalk is jy tans in een van hierdie seisoene van oorvloed? Dit is wonderlik.
Tog, hoe hanteer jy daardie seisoen in jou lewe? Raak jou kwaliteittyd saam met God al minder? Raak jy vasgevang in ’n gemaksone terwyl jy oogklappe dra om nie die seer en behoeftes rondom jou raak te sien nie? Of gebruik jy hierdie tyd om van jou oorvloed graan in jou skuur met dié in nood rondom jou te deel? Besef jy dat God jou as ’n instrument in hierdie tyd wil gebruik omdat alles wat jy besit steeds aan Hom behoort?
Deuteronomium 10:14: “Die hemel, selfs die hoogste hemel, behoort aan die Here jou God, ook die aarde en alles daarop.â€
Natuurlik beteken dit nie dat wanneer jy ’n seisoen van geluk en oorvloed beleef, jy in vrees moet begin leef omdat jy bang is dat ’n hongersnood of ’n ramp jou môre gaan tref nie. Wat wel belangrik is, is om in daardie seisoen te onthou waar jou oorvloed vandaan kom. Ook dat dit ’n seëning van God af is omdat hy jou in hierdie tyd as ’n instrument wil gebruik.
Net soos God in beheer is van die seisoene in die natuur, is Hy ook in beheer van alles wat in jou lewe gebeur. Hy het Egipte gebruik om genoeg graan bymekaar te maak sodat hulle dit ook met die nasies om hulle kon deel toe die hongersnood uitbreek. As jy vandag bonatuurlike seëninge in jou lewe beleef, kies om God se instrument te wees. Hou jou oë oop. Jy sal verbaas staan oor hoe Hy (deur jou) na die mense rondom jou wil uitreik.
Vader God, baie dankie vir al my besittings – baie of min. Help my asseblief om te onthou dat dit aan U behoort. Help my ook om ’n instrument vir U te wees waar U my ook al benodig. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag- dagstukkie te adverteer, kontak gerus