Vers n dag - 7 Junie
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 4: Stel God eerste ... want Hy het jou eerste gestel.
Deur: Benescke Janse van Rensburg
’n Tyd gelede kry ek hierdie epos van een van ons Vers-’n-Dag-lesers, Johann van Rensburg:
Johann: “Die tuinslang, bome, kinderspeelgoed, buitedeure en vele ander artikels het reeds onder ons nuwe hond, Mojo deurgeloop. Toe ek vanoggend uit die stort klim en uitkyk na watter mooi dag daar buite breek, sien ek hoe hy besig is om die laaste onbeskadigde artikel in die agterplaas op te vreet, die trampolien! Ek moes myself dwing om eers klere aan te trek voordat ek op hom neerdaal. Om die minste te sê, het ek hom goed gevoeter. In my woede het ek myself betrap dat ek aan geen rede kon dink hoekom ek hom nie van kant moes maak nie. Ek was baie sterker en groter as hy en ek sal dit in ’n oogwink kan doen. Wreed, nie waar nie? Maar toe dink ek aan my kinders. Wat sal hulle sê as hulle die nuus kry? Ter wille van my kinders is Mojo gespaar ...
“Die gebeurtenis het my laat wonder of God nie soms teenoor ons mense op aarde voel soos ek teenoor Mojo gevoel het nie. Ons verwoes sy tuin en vertrap sy blombeddings (in die vorm van ander mense se harte) en dan verwag ons dat Hy die skade wat ons aangerig het, moet herstel. Hy is ook veel sterker en groter as ons en kan die wêreld in ’n oogwink uitwis. Tog kies hy om ter wille van sy seun, Jesus, aan ons elkeen ’n tweede kans te gee!â€
Johann is reg. In Genesis 6 lees ons dat Adam en Eva se nageslag só goddeloos geword het dat God jammer was dat hy die mens ooit gemaak het. Hy kon ons vernietig het, maar Hy het nie. Hy het ’n verlossingsplan bedink om die mensdom van alle sonde te reinig en ons verhouding met Hom te herstel. Jare later, aan ’n kruis op Golgota, het hierdie plan in vervulling gekom.
Johannes 3:16-17: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.â€
Uit liefde het God aan elkeen van ons ’n tweede kans gegee – dÃt terwyl ons nog vol sonde was. Is dit nie ook vandag tyd dat jy Hom eerste in jou lewe stel nie?
Vader God, baie dankie dat U ons nie verwoes het toe U kon nie, maar dat U ons uit liefde ’n tweede kans op lewe en geluk gegee het. Help my asseblief om my lewe só in te rig dat ek U trots sal maak. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
* Kyk na ’n foto van Johann, sy kinders en Mojo op die sosiale netwerk, FBook se “STORIES VAN HOOP†bladsy (ons gebruik die afkorting omdat verskeie maatskappye die naam blok).
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag- dagstukkie te adverteer, kontak gerus