Vers n dag - 5 Julie
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
TERUGVOER: Het jy enige areas waarin jy sukkel om God eerste te stel? Skryf vir ons by
DAG 2: STEL JY GOD EERSTE? DIE BEGINSEL
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Op die oog af was die twee broers goeie vriende. Hulle het saam gelag, saam dinge ontdek en saam goeie tye beleef. Kain was die landbouer en Abel die veeboer. Tog was daar een groot verskil tussen die twee – hul werketiek. Luister na hierdie gesprek waar Kain besig is om sy graan te oes en Abel met ’n lam oor sy skouers verbygestap kom:
Kain (praat ingenome met homself): Hokaai, my getroue osse! Wag tot Abel hierdie oes van my sien. Hy sal sommer groen van jaloesie wees.
Abel (lag terwyl hy nader kom): Wag tot ek wát sien my broer?
Kain: Ag, ek praat sommer met myself. Waarheen is jy op pad met daardie vet lam oor jou skouers?
Abel: Ek gaan dit vir God op die berg offer.
Kain (verbaas): Maar is dit nie een van jou beste lammers nie?
Abel: Dit is die heel beste lam! Maar jy weet mos, die eerste en beste van my lammertjies  behoort altyd aan God. Ek sal moet aanstap, hierdie lam raak swaar.
Wanneer Abel uit sig verdwyn, draai Kain gefrustreerd terug na sy werk.
Kain: Ai, ek sal seker ook maar van my oes moet gaan offer… laat ek sien ... as ek die beste gedeeltes van die graan vir die fees uithou kan ek ... ja, ek kan van hierdie orige stukke graan neem om geoffer te word.
God het alles gesien en gehoor – ook hulle hartsmotiewe. Die gevolg? God aanvaar Abel se offer, maar Hy verwerp Kain sin. Dit het Kain woedend gemaak. God het dÃt ook gesien en met Kain gepraat: “Kain, hoekom is jy so kwaad en waarom is jy so bedruk? As jy doen wat reg is, sal jy gelukkig wees. Maar as jy doen wat verkeerd is, dan doen jy sonde. Die sonde is altyd naby jou en wil jou vang, maar jy moet die sonde oorwin†(Gen.4:7 – Die Bybel vir Almal). Kain het God se waarskuwing geïgnoreer en toe sy jaloesie die oorhand kry, het hy vir Abel na die veld gelok waar hy hom vermoor het. Hierna het God vir Kain vervloek.
Psalm 24:1: “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here …â€
C.S. Lewis het eens gesê: “When first things are put first, second things are not suppressed, but increased.â€Â Abel het verstaan dat al sy besittings aan God behoort en dat dit bloot aan hom geleen is. Ook het hy verstaan dat wanneer hy die eerste en beste van sy trop aan God gee (wat in elk geval aan God behoort), dit ook ’n demonstrasie aan God was dat hy Hom vertrou het om in die res van sy sake vir hom te voorsien. Kain het ook die beginsel geken, maar vir hom was die prys van die mense oor sy goeie opbrengs vir hom belangriker as om aan God te gee wat aan Hom behoort.
Dink vir ’n oomblik aan jou optrede – in jou werk, jou huisgesin, jou finansies en jou tyd. Is jy ’n Kain of ’n Abel? Gee jy aan God wat Hom toekom? En wat is jou hartsmotief wanneer jy dit doen? Onthou, ons kan niks vir God wegsteek nie!
Vader God, baie dankie vir die les uit Kain en Abel se lewens. Help my asseblief om ’n goeie rentmeester te wees oor alles wat U aan my toevertrou het. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
- Kompetisie: Neem gerus deel aan ons VERJAARSDAG-kompetisie op ons webwerf, www.versndag.co.za. Sluitingsdatum: 9 Julie 2010.
TERUGVOER: Hierdie tema word Maandag voortgesit. Het jy enige areas waarin jy sukkel om God eerste te stel? Stuur gerus jou terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus