Vers n dag - 2 Julie 2010
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
TERUGVOER: Het jy enige areas waarin jy sukkel om God eerste te stel? Skryf vir ons by
DAG 1: DIE KEUSE: ÓF GOD ÓF DIE WÊRELD…
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Bygelowe, tradisies en kontak met die bonatuurlike wêreld – deur mediums. DÃt is dinge wat geensins vreemd is vir sommige van die sokkerspanne wat aan vanjaar se Wêreldbekertoernooi deelneem nie. ’n Onlangse berig in een van die Sondagkoerante vertel hoedat sommige sokkerspelers hul skoenveters altyd op dieselfde manier vasmaak, hoe ander dieselfde stel onderklere vir elke wedstryd dra en hoe nog ander verkies om altyd óf eerste óf laaste op die veld uit te draf – alles omdat hulle glo dat hulle dan meer suksesvol sal wees.
NOG INTERESSANTE BYGELOWE IN DIE SOKKERWÊRELD …
Adrian Mutu, doelskieter van Fiorentina, glo solank as wat hy sy onderklere onderstebo dra, sal geen opponent hom kan toor nie. Raymond Domenech, Frankryk se afrigter, plaas glo al sy vertroue in die sterre. Hy weier om iemand wat onder die Skerpioen-sterreteken gebore is vir sy nasionale span te kies. Tydens die 2006-toernooi het Mexiko se grand wizard twee keer per dag die geeste om hulp en beskerming vir die span gevra. En ons eie Bafana-Bafana het glo voor die opening van die Wêreldbeker-sokkertoernooi die hulp van toordokters ingeroep om die stadion te seën.
WAT SÊ GOD HIEROOR?
In elke situasie in ons lewens het ons een van twee keuses: Ons kan óf vir God óf teen God kies. Bygelowe is dieselfde as afgodsdiens. As jy kies om jou geloof en vertroue in die noodlot pleks van in God te plaas, kies jy teen Hom. Luister weer na wat God oor ons betrokkenheid by die okkulte sê:
- 2 Konings 21:6: “Hy (Manasse) het sy eie seun as offer verbrand, hom besig gehou met goëlery, waarsêery en toordery, en meegedoen aan die oproep en raadpleging van geeste. Hy het baie verkeerde dinge gedoen in die oë van die Here en Hom uitgetart.†Vir hierdie dinge het God Manasse ernstig gestraf.
WAT IS DIE UITWEG?
Kies om God deel van elke situasie in jou lewe te maak:
- Matteus 6:33: “...soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
- Spreuke 3:5-6: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.â€
Is jy bang om onder ’n leer deur te loop, om ’n spieël te breek of om ’n swart kat te sien? Tart jy God deurdat jy die sterre lees of betrokke is by waarsêery, toordery of goëlery? Of kies jy om Hom in elke situasie in jou lewe eerste te stel? Jy het vandag ’n keuse.
Vader God, baie dankie dat ek volkome op U kan vertrou met my lewe. Vergewe my asseblief waar ek soms my geloof en vertroue in myself of in ’n bygeloof of afgod geplaas het en nie in U nie. Help my om voortaan my oë op U te hou. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Bron: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Toordokters-onderbroeke-en-die-ronde-bal-20100619
NUUSBROKKIES:
- Kompetisie: Neem gerus deel aan ons VERJAARSDAG-kompetisie op ons webwerf, www.versndag.co.za. Sluitingsdatum: 9 Julie 2010.
TERUGVOER: Die huidige tema word Maandag voortgesit. Het jy enige areas waarin jy sukkel om God eerste te stel? Stuur gerus jou terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus