Vers n dag - 29 Junie
Ons leef in ʼn agterstevoorwêreld ...
Hennie Symington
Hierdie stukkie sosiale kommentaar van die  bekende Amerikaanse rubriekskrywer Erma Bombeck laat ʼn mens nadink. Sy skryf: “Ons leef in ʼn eienaardige wêreld waar mense dokumentêre rolprente maak oor reeksmoordernaars; ikoonstatus gee aan helde uit die onderwêreld; skrywers maak van korrupte politici; en misdadigers wat die reg ontduik as rolmodelle gebruik. Ek weet nie wanneer misdaad vermaak in plaas van nuus geword nie, maar op een of ander manier het hierdie oorgang plaasgevind.â€
Hoe weeg jou waardes op?
“Ja maar,†sê jy, “ek is nie soos ‘hulle’ nie.†Vra jou liewer af, hoe pas jou waardes in by vandag se morele klimaat? Het jy byvoorbeeld al, of maak jy gereeld een van die volgende, of derglike stellings?
- Dis net verkeerd as jy uitgevang word.
- Solank ek net my paadjie skoon hou.
- Die reëls is daar om oortree te word.
- Die belastinggaarder sal nooit weet nie.
- Die tjek is in die pos.
- Dis elkeen vir homself.
- Dis belangriker om geglo te word, as om die waarheid te praat.
- ʼn Oog vir ʼn oog, en ʼn tand vir ʼn tand.
Mens praat hulle optrede dikwels goed deur te sê: Dis hoe dit is. Maar hoe lyk dit in die oë van die Here, die Een wat gekom het om die werklikheid van menslike gebrokenheid te herstel en vir ons ʼn uitnemender weg te wys?  Hy vra dat ons die ander wang moet draai, die tweede myl moet stap, 77 x 7 moet vergewe, ons self moet verloën en ons vyande moet lief hê. Dit druis radikaal teen die mens se natuur in, maar Christus wys self die weg aan deur sy lewe vir ons neer te lê.
Hoe klink daai bravade van: “Ek doen my eie ding en na die duiwel met die res,†in die lig hiervan?
Gebed vir vandag
Here, ons verstaan nie altyd mooi hoe radikaal die boodskap van die Evangelie is nie. Dankie Here dat U bereid is om die tweede myl oor en oor met my te stap.
Vers ʼn dag
38Julle het gehoor dat daar gesê is: “'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.â€e 39 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe....
43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhêf en jou vyand moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhêg, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.  Matt. 5:38a, 39a,