Vers n dag - 28 Junie
Seisoene van geloof
Hennie Symington
Toe iemand eenkeer vir ‘n bekende prediker vra hoe lank hy aan sy preek voorberei, antwoord hy: “My hele lewe lank.â€
Dit geld ook ons geloof. Ons gisters leun swaar op vandag en die hede bepaal hoe ons na die toekoms kyk. Dwarsdeur ons lewens word ons gevorm in voorbereiding vir nou.Alles wat met jou gebeur het, bepaal jou reaksie op jou ontmoeting met God.
Ons gaan almal deur stadiums wat ons geloof beïnvloed - van die “sturm und drang†van ons tienderjare met al die hoogte- en laagtepunte en die van jong volwassenes wat nuwe sekerhede in hulle geloof vind en dit hulle eie maak, tot die middeljare wanneer ons weer met ander oë na geloof kyk. En dan die rypheid van die grysheid wat ons dalk weer bring by die een sekerheid : “Jesus min my, salig lot!â€
Geloof is dinamies
Daar is egter tye wanneer jy as gelowige getref word deur ʼn onvergenoegdheid en ʼn ontevredenheid met jou geloof. Dis asof jou geloof gestagneer het in een of ander stadium en jy verveeld geraak met afgesaagde antwoorde en verduidelikings. Jy soek na ʼn sleutel om die geheim van vreugde en verdriet, jeug en ouderdom, lewe en dood te ontsluit. Daardie sleutel is ʼn geloof wat tred gehou het met wat in verskillende tye met jou gebeur.
Onthou, geloof is ʼn reis. Geniet die rit!
Gebed vir vandag
Die wonder van geloof is dat dit groei saam met elke seisoen van ons lewe.  Dankie dat U ‘n God vir alle tye is.
Vers ʼn dag
Toe ek 'n kind was,
het ek gepraat soos 'n kind,
gedink soos 'n kind,
geredeneer soos 'n kind.
Maar noudat ek 'n man is,
is ek klaar met die dinge van 'n kind.
12 Nou kyk ons nog
in 'n dowwe spieël
en sien 'n raaiselagtige beeld,
maar eendag sal ons alles sien
soos dit werklik is.
Nou ken ek net gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken
soos God my ten volle ken. 1 Kor. 13:11-12