Vers n dag - 25 Junie
Geloof wat enduit hou
Hennie Symington
“Geloof is die huwelik tussen God en die siel†sê St. Jan van die Kruis.
Ongelukkig is is wêreld in ons tyd met sy magdom godsdienste en bygelowe nie ʼn baie geloofsvriendelike plek nie.
Die Christelike geloof het om die waarheid te sê ʼn taamlike negatiewe beeld in vandag se wêreld. Daar is baie wat sal sê dat ons eintlik ʼn in post-christelike era leef waar die Christendom maar een van die baie gelowe op die markplein is en dat die kerk nie eintlik meer relevant is nie.
Baie verlaat die kerk en talle verloor hulle geloof heeltemal.
Om weer te kan glo
Hoe kan hierdie geloof herstel word? Deur aan te hou bid. God is altyd daar al voel jy godverlate. En deur die Bybel weer onbevange te lees – nie as ʼn boek van veroordeling en verdoemenis nie maar as ʼn lewe-gewende boek vol wonderlike verhale van hoop. En al raak die pad soms lank en swaar, hou ons aan om te soek na die weg wat God en mens weer met mekaar sal versoen.
Gebed vir vandag
Here, daar is soveel stemme oor geloof, dat ek die misterie van u aanraking vergeet.
Vers ʼn dag
Daar is net een liggaam en net een Gees, soos daar net een hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal.  Efesiers 4:4