Vers n dag - 23 Junie
Op die mespunt van geloof
Hennie Symington
“Geloof in God is irrasioneel, simpel, belaglik ...â€Â “God se bestaan kan nie rasioneel bewys word nie, daarom bestaan Hy nie en gevolglik is dit absurd om dit te wil glo.â€
Hierdie sentimente is nie ongewoon in ons dag nie. Talle boeke met die strekking van Dawkins se book “The God Delusion†het in die afgelope paar jaar verskyn en baie gelowiges dwars in die krop gesteek.
Die stryd teen geloof in God is egter niks nuuts nie. In koning Dawid se tyd – so ongeveer 3000 terug – het hy geskryf: “Die dwaas sê in sy hart ‘daar is geen God’â€. (Psalm 14 en 53).
Paulus was ʼn man met geleerdheid ver bo die van koning Dawid. Hy was bekend met die Griekse filosofie, en as ʼn fariseer het hy die Joodse geloof breedvoerig bestudeer. Hy het al die argumente teen die bestaan van die lewende God soos Hy aan ons openbaar is, geken. In sy brief aan die mense van Korintiërs wys hy ons daarop dat ons met ons menslike gedagtes alleen maar dit wat menslik is kan begryp. Op dieselfde manier is dit slegs deur die ingryping van die Gees van God dat ons die onbegryplike kan verstaan. Die persoon wat dus nie die geestelike ruimte erken nie, maak geloof in God af as onsin.
Op die wat die gawe van geloof ontvang het, rus die taak om mense wat nie glo nie, met die liefde van Christus te bedien en vir hulle te bid sonder om hulle te oordeel.
Gebed vir vandag
God, U is onverstaanbaar groot en heilig. Ons waag dit om uitsprake oor u aard en wese te maak - en U verdra dit omdat U ons u geliefde kinders is.
Vers ʼn dag
Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie...die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is.  1 Kor. 21a; 22b; 23a