Vers n dag - 7 Junie
3. In de stralekrans van God se liefde
Hennie Symington
In ʼn wêreld waar mense nie eintlik meer weet wie hulle is, deur wie hulle besit word en waardeur hulle gedryf word nie, is dit belangrik om jou sekerheid te soek in die Een wat jou as ʼn geliefde kind in sy huis aanvaar het. Gebruik die belydenis hieronder om jou ter herinner aan wie jy is.
Omdat ek glo, weet ek ...
Ek is God se kind.
Ek is geregverdig deur Christus.
Ek is een met Christus.
Ek is teen ʼn prys gekoop en behoort aan God.
Ek is vergewe.
Ek kan direk met hom praat deur Jesus Christus.
Ek is vry van veroordeling.
Alles werk vir my ten goede mee in alle omstandighede.
Ek kan nie geskei word van die liefde van Christus nie.
Ek is geborge in God.
Ek weet dat God die werk wat Hy in my begin het self klaarmaak.
Ek is ʼn burger van die hemelse Koninkryk.
Ek is nie bang nie want ek het die gees van liefde
en nie vrees ontvang nie.
Ek is ook belangik want ek is ʼn loot aan die ware wynstok.
Ek is uitgesoek en opdrag gegee om vrug te dra.
Ek is God se tempel.
Ek is die handewerk van God.
Jesus het vir my plek in die hemel voorberei.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Hoe sekerder jy is van wie jy in Christus is, hoe meer is jy in staat om jou Christelike kleure in jou optrede en lewenswyse te reflekteer.
Gebed vir vandag
Here, baie dankie dat ek niks minder is as ʼn geliefde kind in u huis nie. Dankie dat ek kan blom in die stralekrans van u aanvaarding en liefde.
Vers ʼn dag
Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God
En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Rom 4: 14,17
Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. Ef. 2: 19