Vers n dag - 4 Junie
2. Â Â Â Omdraaikans
Hennie Symington
Mense is mal oor “make-oversâ€. Ons sit voor die TV met opgehoue asem voor die groot onthulling. Of dit nou Hanon of een van die ander towerfeë op die TV is wat iemand omtower het van ʼn padda tot ʼn prinses, ons glo almal dat ons met ʼn bietjie hulp net so mooi kan lyk. Ongelukkig bly dit maar ʼn droom vir die meeste van ons wat maar dag na dag die lewe voortsit sonder enige hoop op verandering.
Maar met God is dit anders. Hy is die meester van “make-oversâ€. In sy salon gebeur daar wonderwerke en as jy besef dat jy nie meer so mooi van hart en siel is nie, kan jy ʼn verjongingskuur ondergaan deur vier kort woordjies te sê: “Here, maak my nuut.â€
Elkeen van ons vra ʼn omdraaikans want ons is onvolmaakte mense. Sou dit nie wonderlik gewees het as ons 100% in pas was met God se plan vir ons nie. Maar ons is nie. Die belangrikste is egter, die oomblik dat ons besef dat ons ʼn “make-over†nodig het, is daar ʼn moontlikheid vir groei.
Hoeveel weeg jy?
As ons ons sondes bely, is ons eintlik besig om ons lewens op te weeg in die lig van God se standaarde. Vat daai bondel sondes van jou en sit dit p ʼn skaal. Hoeveel weeg dit? Daar’s net een manier om daardie las ligter te maak en dit is om vir vergifnis te vra. En wanneer jy dit gedoen het is jou sondes so lig soos ʼn veertjie want God se vergifnis weeg altyd meer as ons sondes.
Hoekom is vergifnis so belangrik vir ons?
Want sonde staan tussen jou, God en jou medemens. Die Bybel vra van ons om reg te maak waar ons droog gemaak het. As jy jou houding moet verander om sekere sondes te vermy, doen dit. As jy sekere situasies moet vermy om uit die moeilkheid uit te bly, doen dit. Jy sal verbaas wees hoeveel minder moeilikheid jy op die lyf haal omdat jou verhouding met God ʼn drastiese verandering ondergaan het.
Gebed vir vandag
Here, ek moet bely dat my lewe nie vir my meer so mooi lyk nie. Here, vernuwe my hart en siel sodat ek ʼn nuwe wese sal word met ʼn splinternuwe kyk op die lewe.
Vers ʼn dag
Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie,... 2 Kor. 7:9