Vers n dag - 3 Junie
1.     Genade onbeskryflik groot
Hennie Symington
As daar een ding is waarna die mensdom smag is dit vergifnis. Daar is niks so erg as wanneer jy weet jy het verkeerd opgetree teenoor ʼn persoon en daardie persoon is so teleurgesteld in jou dat hy of sy dit moelik vind om jou te vergewe. Jy kan maak of dit jou nie pla nie, maar eintlik kan nie een van ons vedra om in die beskuldigdebank te staan nie.
Hoe vra ʼn mens om vergifnis?
Tensy jy bereid is om aan die persoon te toon dat jy opreg jammer oor wat jy gedoen het, kan jy tog sekerlik nie verwag dat die persoon jou moet vergewe nie. Dis nie maklik nie want die eie ek wat homself altyd wil regverdig, staan in die pad. Bewys jou ware spyt deur na die persoon toe te gaan en jou oortreding by die naam te noem, byvoorbeeld: “Ek is jammer dat ek jou voor ander mense vekleineer het.†Stop. Moenie verduidelik of jou sonde te probeer onderspeel deur verskonings te maak soos: “Ag, dit was maar net ʼn grappie,†of “Ek het nie gedink jy is so liggeraak nie.†Sê liewer: “Ek besef dit het jou baie seer gemaak en ek is jammer.†Maak ʼn belofte soos: “Ek sal dit nie weer doen nie,†en hou daarby. Jy kan probeer om ʼn versoeningsgebaar te maak deur die persoon te nooi vir ʼn koppie koffie of deur ʼn geskenkie of kaartjie af te lewer. Maar moenie verbaas wees as daar ʼn krakie in die verhouding kom wat net met tyd reggestel kan word nie.
Kyk na jouself
Leer ʼn les uit die ervaring. Ondersoek jou eie motiewe en redes waarom jy so opgetree het. Is jy dalk jaloers of laat die persoon jou onseker voel of hou jy daarvan om jouself te laat geld deur ander af te breek. En wanneer jy besluit wat jou motiewe was, sê vir jouself: “Ek glo in die vergewing van sondes en die moontlikheid om geestelike te groei omdat ek my foute erken het en onderneem het om iets daaraan te doen.â€
En wees verseker dat daar in die hemel hande geklap word oor een arme sonder wat tot nuwe insigte gekom het.
Gebed vir vandag
Ai Here, ek weet nie wat my besiel om sou gemeen te wees nie. Ek skaam my vir my wat ek gedoen het. Here, ek sal nie kan rus tot U my ook vergewe het nie. Dankie vir u onbeskryflike genade.
Vers ʼn dag
God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Kol. 2:13-14