Vers n dag - 1 Junie
8. Woede is my reg!
Hennie Symington
Die Bybel is ʼn handboek vol praktiese wysheid vir alle terreine van die lewe. Wat sê die Bybel dan oor woede, ʼn gevaarlike item op die lys van dodelike sondes. Interessant genoeg, sê die Bybel dat woede as sulks nie sonde is nie, maar dat ʼn mens nie moet sondig as gevolg van woede nie. As Moses nie so kwaad was toe hy van die berg af kom en sien hoe goddeloos die Israeliete was nie, sou hy seker ook nie die kliptafels stukkend gegooi het nie. Bly dus by die rëels selfs wanneer jy kwaad is.
Reël  1: Bly by die waarheid.
Hou op om leuens te vertel. Natuurlik het ons ʼn reg om kwaad te word wanneer mense mishandel word en ongeregtigheid heers. Om te maak of jy nie kwaad is nie is oneerlik. Oordrywing en valse beskuldigings kom ook neer op leuens. Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam Ef. 4:24.
Reël 2: Hou kop
Moenie toelaat dat jou woede jou dryf tot onbesonne optrede nie. Die doel is om die probleem op te los en verhoudings te herstel, nie om ʼn ander persoon te vernietig nie. Woorde wond mense, soms vir altyd. . Paulus skryf As julle kwaad word, moenie sondig nie (Ef.4:25).
Reël 3: Moenie kwaad gaan slaap nie.
Om woede in jou binneste te vertroetel en ou koeie op te haal, maak jou bitter. As jy kwaad is vir iemand, konfronteer die persoon en handel dit vinnig af. Probeer die probleem oplos en die verhouding herstel. Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. (Luk. 6:45)... moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Ef. 4:27
Reël 4: Soek ʼn oplossing:
Deur ten alle koste te wil wen maak dat albei partye verloor. Soek eerder ʼn manier om die probleem aan te spreek en die verhouding te herstel dan wen albei partye. As jy praat maak seker dat jy net praat wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (Ef.4:29). Slegsêery en oor en weer beskuldigings vergerger dinge. Die doelwit moet wees om mekaar te vind. As dit beteken dat jy jou foute moet erken, doen dit en vra om vergifnis.
Reël 5: Was die vuil wasgoed tuis.
Vuil wasgoed kan op twee maniere gewas word: deur ʼn persoon openlik in die verleentheid te stel of deur onderlangs “grappiesâ€oor die pesoon se voorkoms, familie of vriende te maak. Dit dien geen doel nie en maak die gaping tussen julle groter en moeliker om te oorbrug. Onthou: Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee. Spr. 10:12
Reël 6: Wees deel van die opruimingspan:
Dis lekker om te sê: “Dis haar/sy verdiende loon. Hulle kan self sien en kom klaar.†Hulle het dit dalk verdien maar ʼn mens kan nie jou rug draai op die breekspul nie. Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Ef. 4:32) Dis ʼn opruimingsaksie na die oorlog. Slegs wanneer jy jouself vergewe het en die wonde wat jy toegedien het verbind het, kan jy vry uitstap.
Gebed vir vandag
Here, keer dat ek my woede vertroetel en net my kant van die saak wil sien. Woede maak seer, maar leer my om te vergewe soos wat U ook vir my vergewe.
Uit. Phyllis j Tarbox, NCCA web.