Vers n dag - 28 Mei
7.     Afguns doen jou geen guns
Hennie Symington
Thomas Aquinas het afguns beskryf as “smart oor die goeie wat iemand anders besitâ€. Dit is waarskynlik die onaantreklikse sonde op die lys omdat die donker kant van die siel blootle en wat ons nie graag oorpraat nie. Dit is daardie besondere pyn wat ʼn mens voel wanneer jy iemand teëkom wat iets besit wat jy nie het nie soos byvoorbeeld status, skoonheid of een of ander goeie hoedanigheid of besitting.
Hierdie pyn laat jou voel jy’s nie goed genoeg nie. Soos woede het afguns die vermoë om jou binneste op te vreet en jou te dryf tot gemene dade. Afguns word egter spesifiek in die tien gebooie genoem Daar staan: Jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie ... of iets wat van jou naaste is nie. (Deut.5:21 Ou Vertaling).
Afguns is dodelik
Afguns verskyn nie om dowe neute op die lys van dodelike sondes nie. Dit lyk asof afguns ʼn fatale aantrekking vir die mens het. Die eerste moord in die Bybel is gepleeg uit afguns toe Kain sy broer Abel doodgeslaan het. Verder lees ons van ʼn pa wat sy jongste seun voorgetrek het omdat hy op ʼn laat in die lewe van sy pa gebore is. Dit het sy broers so afgunstig op hom gemaak dat hulle niks met hom te doen wou he nie. Later het hulle om in ʼn put gegooi en as ʼn slaaf verkoop.
Beteuel jou jaloesie
ʼn Tikkie  “ego-versterker†kan wondere doen vir jou ego en jou herinner aan jou goeie eienskappe wanneer afguns dreig. Nog raad vir afguns is om deur Gods oë te sien hoe wonderbaarlik jy geskape is. Jy is ʼn kind van God, gered deur sy genade en geplaas op die presiese plek en omstandighede waar God jou wil hê.
Dr Phil gee die volgende handige raad oor hoe om afguns hok te slaan:
- Ontspan! Die persoon wat jy beny, beny waarkynlik iemand anders se goeie eienskappe.
- Tel jou seeninge – wat beny mense aan jou?
- Wees tevrede met jouself – jy’s waarskynlik beter af as die meeste mense in die res van die wereld. Buitendien hou afguns nie van geluk nie.
- Draai afguns nek om. Dank God vir die goeie eienskappe wat jy in die persoon wat jy beny, raaksien.
- Moenie jou jaloesie voed nie. Raak ontslae daarvan voordat dit aan elke aspek van jou lewe begin vreet.
Gebed vir vandag
Here, u weet hoe afguns en jaloesie aan my knaag. Leer my om dit te oorkom en dankbaar te wees vir al die goeie gawes wat ek uit U hand ontvang het.
Vers ʼn dag
En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie — na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Deut.5:21 (Ou vertaling).
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. Ps. 139:14-15