Vers n dag - 27 Mei
6. As inhaligheid jou in die sak het
Hennie Symington
In ʼn materialistiese omgewing soos ons sʼn waar geld mag en aansien kan koop, is dit vir ons moeilik om te aanvaar dat inhaligheid of ʼn smag na rykdom tel as een van die 7 dodelike sondes. Ons hou daarvan om ryk te wees en boonop te koop te loop daarmee.
Omdat ons in ʼn verdeelde samelewing woon waar die armes dikwels uit die oog en uit die hart is, besef ons nie aldag hoe welaf ons is in vergelyking met die armstes van die armes nie. Die meeste van ons beskou ʼn luukse leefstyl (vir sommige is luuks twee motors, jou eie huis, genoeg kos en klere en vermaak; vir ander is dit oorsese reise, seiljagte en ontwerpersklere) as ons reg en glad nie verkeerd nie. Ons het mos daarvoor gewerk.
Die Romeinse digter Pliny was egter nie so seker daarvan nie. Byna 2000 jaar gelede skryf hy: “Inhaligheid is so ingeburger in die mensdom dat dit lyk asof hulle deur hulle rykdom besit word, en nie anders om nie.†Dis ʼn geval van hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê.
Geld is mag
Rykdom gee mense ʼn gevoel van mag terwyl dit die armes magteloos laat voel. Ongelukkig vergeet ons dat rykdom nie die enigste bron van mag is nie. Christus sê aan die Pilatus: “U sou geen gesag oor My gehad het as dit nie van Bo aan u gegee was nie.†(Joh..19:11). Ons word deur Christus bemagtig om groot dinge te doen, ongeag ons bankbalans. Geniet u rykdom omdat dit ook ʼn gawe uit God se hand is maar moenie neersien op die wat minderbevoorreg is en dalk nie dieselfde geleenthede gehad het as jy nie.
Ns. Die maklikste manier om inhaligheid te oorkom is om uit te haal. Soos hulle sê: daar’s nog nooit ʼn Venter-waentjie deur die hemelpoorte nie.
Gebed vir vandag
Here, rykdom is so verleidelik. Dis so maklik om te glo dat rykdom my beloning vir goeie dade is. Ek bid dat U my oë sal rig op dit wat ver bo die waarde van aardse rykdom is.
Vers ʼn dag
Moenie by 'n suinige mens gaan eet nie, moenie sy lekker kos begeer nie, want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos. Dit is hoe hy is. Hy moedig jou aan om te eet en te drink, maar hy bedoel dit nie. Jy sal naar word van wat jy eet en jou komplimente sal verkwis wees. Spr. 23:6 - 9
“Wanneer 'n mede-Israeliet só in die skuld raak by jou dat hy nie kan betaal nie, moet jy hom help soos jy 'n vreemdeling of 'n bywoner sou help, en hom by jou aan die lewe hou. Jy mag hom geen rente van enige aard laat betaal nie. Uit eerbied vir jou God moet jy jou mede-Israeliet by jou aan die lewe hou.â€Lev. 25:35-36