Vers n dag - 21 Mei
2. Die 7 dodelike sondes, springlewendig en floreer op planeet Aarde.
Hennie Symington
Die gedagte dat sekere sondes sondiger is as ander, kom uit die middeleeue toe ’n groep monikke besluit het om ’n indieptestudie te maak van die sondes wat tussen God en mense staan om ons in staat te stel om God beter te dien. En dis waar die soeke na die sewe topsondes begin het. Die enigste voorwaardes was dat elke sonde ’n oorsaaklike sonde, d.w.s, ’n sonde wat aanleiding gee tot ander sondes, moet wees. En so het die lysie dodelike sondes sy oorsprong gehad.
Wat van nuwe sondes?
Die siniese ou prediker het gese daar is niks nuuts onder die son nie en wat was sal weer wees. En 1 400 jaar later, ten spyte van die groot vooruitgang wat die mense gemaak het op die gebied van sonde, gegewe die hoogs ontwikkelde tegnologie tot die mens se beskikking, kan daar met reg gevra word of die lys van sondes nie opgedateer moet word nie. Is hoogmoed, naywer, slordigheid, woede, inhalighied, vraatsug en lus steeds die sewe hoofsondes?
Toets dit self. Maak enige koerant op en sorteer elke item van misdaad, mode-artikels of voedseladvertensies volgens elke sonde. As jy met ’n nuwe sonde vorendag kan kom, geluk. Jy sal waarskynlik vind dat elke dodelike sonde in al sy gedaantes steeds gedek word deur die oorspronklike lys van sondes. Aanlyndobbel, byvoorbeeld lyk na pret terwyl aanlynporno so volop is soos grond maar dit maak nie die obsessie met geld en seks meer aanvaarbaar nie.
Hoogmoed, Naywer, Inhaligheid, Woede, Vraatsug, Wellus en Slordigheid is die sewe sondes waarteen die mensdom gewaarsku word deur, heiliges, predikers, kunstenaars, skrywers, dramturge en musikante want elkeen van die sondes bedreig die lewe op een of ander manier. Byvoorbeeld, diegene wie se arrogante hoogmoed tot hulle ondergang lei, vrate wat hulle tot in die graf in eet, die geweldenaars wat gestraf word kragtens die verskillende landwette. Maar wat egter belangriker is, is sonde sekere gevolge vir die siel inhou.
Waar staan jy dus met betrekking tot die 7 dodelike sondes? Die Bybel sê ons almal het gesondig. Of jy dus ’n aanlynswendelaar, porno-surfer, liefdelose moeder of vader, morsige huisvrou, ’n ongelooflike skelm of maar net ’n mens is, sonde bly sonde. So gebruik hierdie geleentheid om jou kennis van van sonde op te knap.
Gebed vir vandag
Here, maak nie saak hoe hard ek probeer nie, die sonde het steeds ’n greep op my lewe. Dankie Vader U is daar om my te vergewe en my toe te laat om weer te begin.
Vers ’n dag
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. al. 5:22-24