Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 29 April 2013

Die Heilige Gees aan die werk

Hennie Symington

Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.Genesis1:2

Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.” Johannes 20:22-23

Die Heilige Gees is God by ons

Hy is Wysheid en was reeds teenwoordig van die grondlegging van die wêreld af. Hy werk wanneer ons nie eens daarvan bewus is nie.

Die Gees getuig van wat Christus en lei ons in die teenwoordigheid van Christus om ons bewus te maak van wat God in gedagte het vir ons.

Hy lei ons op verskillende maniere.

·                     Die Heilige Gees werk hoofsaaklik vanuit die Woord. Hoe meer jy jou in die Bybel verdiep, hoe meer raak jy bewus van die Heilige Gees se werking in jou. Sonder die werk van die Gees sou die Bybel slegs dooie ink op papier gewees het.

·                     Hy werk deur omstandighede, wat vir ons nuwe geleenthede skep en ander hoofstukke in ons lewens toe te maak.

·                     Hy werk deur ander gelowiges om vir ons nuwe insigte te bring. (Pasop, mense kan jou ook mislei.)

·                     Hy lei ons deur gebed. Die Heilige gee aan ons ’n innerlike vrede wanneer ons oor sekere besluite bid. Hierdie vrede is nie noodwendig intellektuele sekerheid nie, maar ’n vertroue waarmee jy kan leef.

·                     Hy lei ons op ’n verskeidenheid van maniere. Soms werk Hy deur ’n preek, ’n lied of ’n getuienis of selfs ’n goeie daad, ’n verhouding met iemand, of ’n stryd in die gemoed, deur die aanraking van die dood ’n, bergtopervaring of ’n fluisterstemmetjie in jou hart.

Wees gewaarsku

Die Heilige Gees word nie deur jou gehiet en gebied nie. Hy werk alleen in opdrag van die Vader. Hy verskyn nie met die klik van ’n muis op jou skerm wanneer jy ’n behoefte het aan hom nie. Hy waai waar hy wil en doen sy werk in goddelike wysheid en kennis.

Gebed vir vandag

Dankie Gees van God wat my met sy onsigbare teenwoordigheid lei om God sigbaar in my lewe te maak. Amen

Previous article: Vers n dag - 30 April 2013 Prev Next article: Vers n dag - 26 April 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.