Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 26 April 2013

“Genade onbeskryflik groot ...”

Hennie Symington

“Nee! Ons , en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” Handelinge 15:11

Die Here is gretig om julle genadig te wees. Jesaja 30:18

Sonde maak sy merk

Daar is sekere kerkgroepe of gelowiges wat ander gelowiges daarvan beskuldig dat hulle “sag op sonde” is en dus nie Christene is nie. Daar is selfs van hierdie self aangestelde profete wat met genoegdoening praat van “siele wat soos sneeuvlokkies hel toe gaan”.

Sonder om sonde gering te skat, weet ons as gelowiges in ons harte dat die keuses wat ons maak in die lewe nie ligtelik gemaak is nie; dat sonde bestaan en ’n impak op ons lewens het; en dat ons inderdaad God se doel met ons lewe kan mis. Ons sien ook dat niks Jesus kwater gemaak het as mense wat ander veroordeel het nie.

Jesus het nie net aarde toe gekom om mense van hulle sondes te verlos nie. Hy het ook gekom om God se hart aan die mens te openbaar en te verkondig dat God met sy oneindige liefde steeds redding aan almal bring – ongeag hulle onvermoë om dit wat goed en reg is te doen. Bybel sê uitdruklik: niemand is sonder sonde nie. Daar is ook nie grade van sonde nie. Ons hele wese is sondig. En dit is wat Christus lewe en dood nog meer wonderbaarlik maak.

Jesus het na die hel toe neergedaal om ons daaruit te hou. Ons leef dus onder die wet van genade, nie van geregtigheid nie. Om te beweer sekere kerke is “sag op sonde” bevestig eintlik die grootste waarheid van ons geloof: dat God sondaars liefhet en enigiets sal doen om hulle te red.

Hoe lief is ons nie vir pragtige lied wat begin met “Genade onbeskryflik groot”. Kom ons neem dit ter harte en dank God ’n duisend maal oor vir sy genade, terwyl ons let op die soort lewens wat ons kies om te lei.

Gebed vir vandag:

Here U genade en U liefde vir mensekinders wat almal sonder uitsondering gesondig het, is te groot om te begryp. Hoe kan ons dit net vir onsself wil toeëien as U dit vir almal met U dood bevestig het. Amen

Previous article: Vers n dag - 29 April 2013 Prev Next article: Vers n dag - 25 April 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.