Vers n dag - 18 Mei
5.    Drie woorde wat niemand wil hoor nie
Hennie Symington
Die mees gevreesde drie woorde in enige werknemer se woordeskat is seker die woorde “Jy is afgedankâ€. Die blote gedagte daaraan laat ʼn mens met ʼn koue gevoel om die hart.
Die emosies wat onmiddellik deur jou kop hardloop strek van totale verslaendheid, woede en vrees tot vernedering. Wanneer soiets met jou gebeur voel dit asof jou lewe tot ʼn einde gekom het. Jou werk is immers deel van wie jy is.
Vrae soos “Hoekom ek?â€, “Hoe kon hulle dit aan my doen,†of “Wat ek gedoen om dit te verdien maal aanhoudend in jou kop. Om jou werk te verloor is nie noodwendig jou skuld nie. Die ekonomie is in ʼn resessie, werksaamhede in besighede word oral afgeskaal of dalk was jy maar net laaste in, eerste uit. Maar gaan dink mooi. Watter lesse kan ʼn mens daaruit leer?
Dalk het het jy nie die waarskuwingtekens raakgesien nie.Dalk het jy nie jou kant by die werk gebring of moeite gedoen om leemtes in jou vaardighede aan te vul nie, of jou werk werk as vanselfsprekend aanvaar. In moeilike tye soek werkgewers verskonings om mense af te dank.
Wat nou gedaan
Na die eerste skok verby is, is dit tyd om te hergroepeer. Gee jouself kans om te treur, jou woede te verwerk, jou gevoel van waardeloosheid te bowe te kom en jou prioriteiteite te herrangskik. In tye soos die is die belangrikste egter om te jou afhanklikheid van God te bevestig.
Gebed
Here, dit voel asof die bodem uit my lewe geval het? Gee my kalmte om te kan besin en vorentoe te beplan. Hou my hand styf vas op hierdie pad.
Vers vir vandag
“Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.†Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper,ek ken geen vrees nie:wat kan 'n mens aan my doen?â€Heb. 13:5