Vers n dag - 17 Mei
4. Om jou siel by die werk te verkwik
Hennie Symington
Soms voel jy soos ʼn rot op ʼn rat wat net nie kan voorbly nie. Die inmandjie raak net nie leeg nie en die ure word nie langer nie. Kortom, jou werk is lankal nie meer ʼn plesier nie. As jy so begin voel oor jou werk is dit tyd vir ʼn blaaskans. Skep vir jou ʼn groen weiveld te midde van die harde werklikheid en sluit jou oë vir ʼn oomblik se stiltetyd.
Gebruik hierdie moderne weergawe (deur ʼn anonieme Japannese skrywer) om jou siel te verkwik.
Â
Die Here is my Blaaskans
Â
Die Here is my pasaangeëer, ek sal nie jaag nie.
Hy laat my rus met tussenposes van stilte;
Hy wys my prentjies van rustigheid wat my siel verfris.
Hy lei my op die pad van doeltreffendheid deur kalmte van gees.
.
Â
En sy leiding bring vrede.
Â
Al het ek ʼn magdom take om elke te dag af te handel,
sal ek nie paniekerig raak nie, want Hy is by my.
Â
Hy verkwik en vernuwe my te midde van al my verpligtinge
deur my gedagtes met die olie van rustigheid te salf.
My beker van energie loop oor.
Harmonie en doeltreffendhied sal waarlik die vrug van my ure wees,
want ek sal teen die pas van my Meester werk
en in sy huis woon tot in ewigheid.
Â
Gebed vir vandag:
Here, U is nie baie ver van y my nie. U is by my selfs gedurende werkstyd. Help my om uit te reik na u wanneer die verantwoordelikhede van my werk my oorweldig. al is dit net vir ʼn stonde.
Vers vir vandag
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Ps.23.2–3