Vers n dag - 10 Mei
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 24: OORKOM VREES... MET DIE WOORD – DEEL 4
Deur: Benescke JvR
<Ter agtergrond: Neem deel aan die eksperiment van die week. Wat ek wil hê dat jy moet doen, is om hierdie teksverse op ’n stukkie papier neer te skryf wat jy heeldag met jou kan saamdra (in jou handsak, jou broeksak of beursie). Terwyl jy dan regdeur die dag ’n paar keer oor hierdie teksvers nadink, wil ek hê dat jy jouself moet afvra: 1) Wat wys die teksvers my van God se karakter? 2) Hoe is hierdie teksvers van toepassing op my huidige situasie? (in jou huwelik, jou werkplek, jou gesin, ensovoorts). 3) Hoe gaan ek voortaan hierdie belofte van God deel van my lewe maak?
Ons weet dat die bose daagliks rondloop opsoek na maniere om ons en ons geliefdes aan te val. Tog kan ons weet dat God steeds in beheer is. Dit is Hy wat ons versterk en bewaar wanneer die aanvalle kom.
TEKSVERS VIR DIE DAG:
- 2 Tessalonisense 3:3: “Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar.â€
- Romeine 16:20: “God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle.â€
Maak jy Hom deel van jou lewe? En vra jy Hom om jou te versterk en deur die dag te lei?
Vader God, baie dankie dat U almagtig is en in elke situasie die laaste sê het. Beskerm en bewaar my en my geliefdes terwyl ons deur hierdie dag beweeg. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Nota: Maak hierdie “eksperiment†gerus deel van jou stiltetyd deur jou antwoorde op bogenoemde vrae in ’n joernaal neer te pen. Vra die Heilige Gees om jou te help om met nuwe oë na die teksvers te kyk. (Jy kan dan jou ervaring van hierdie “eksperiment†teen die einde van die week met my deel by
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog. Teken gerus jou vriende hier in: www.versndag.co.za
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus