Vers n dag - 11 Mei
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 25: Leef vreesloos... met Hom aan jou kant!
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Na Malie Janers se bekering ’n paar jaar gelede het haar man, Jan die verandering in haar lewe raakgesien en beny. Tog het hy gesê dat hy nog nie gereed gevoel het om die “groot stap tot bekering†te neem nie. Al wat Malie in haar stiltetyd kon doen was om aan te hou bid vir haar man se bekering. Sy belofte aan haar was dat, sou hy tot bekering kom, hy die nuus eerste met haar sou deel.
Op sy groen motorfiets het Jan met sy oudergewoonte breë glimlag ’n paar weke gelede saam met twee van sy neefs na die sewende en laaste Mighty Men konferensie buite Greytown vertrek. Teen Saterdagaand het Malie ’n oproep van Jan gekry. Dit het baie op die agtergrond geraas en die sein was swak, maar Jan se stem was duidelik opgewonde: “Ek het soveel om jou te vertel... ek kan nie wag om by die huis te kom nie. Ek gaan môreoggend vroeg ry...â€
Sondagoggend vroeg het Jan sy tent opgepak. Hy wou by die huis kom om die nuus met sy gesin te deel. Dertien kilometer weg van die kampterrein het sy motorfiets egter ’n slaggat in die pad getref. Hy is op slag dood.
Toe Malie en haar geskokte gesin op Greytown by die lykshuis uitstap nadat hulle Jan se liggaam uitgeken het, het ’n groep van nege mans op haar gewag. Hulle was almal daardie naweek saam met Jan by die konferensie. Omdat Jan dit nou nooit self kon doen nie, het hulle as getuies vir Malie ingewag met die nuus dat Jan daardie Saterdag kragdadig tot bekering gekom het.
Waarom moes Jan sterf? Dit weet ek nie. Waarom het dit so lank geneem voordat hy tot bekering gekom het? Nog iets waaroor ons nie hoef te spekuleer nie. Wat ek wel met ’n seker hart weet is dat Jan vandag vreesloos en met ’n breë glimlag in die hemel ronddans. Net soos die sondaar langs Jesus aan die kruis was Jan ook nie te laat om vir homself ’n plek in die paradys te verseker nie.
Weet jy waar jy en/of jou geliefdes die ewigheid gaan spandeer? As nie, bid jy vir hulle?
1 Johannes 5:13-16: “Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra…â€
Waarom kies jy nie ook vandag om jou vrese vir die toekoms ’n vuishou te gee deur God deel van jou lewe te maak nie? Dit is Hy wat jou vrymaak. Dit is Hy wat vrede terug in jou hart plaas. En dit is met Hom aan jou kant dat jy daagliks waarlik vreesloos kan leef!
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U elke gebed van my hoor. Help my asseblief om met vertroue op U te wag en lei my om bewus te wees van U teenwoordigheid in my lewe terwyl ek streef daarna om vreesloos te begin leef. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Kyk foto’s van Malie en Jan Janers op die “Stories van Hoopâ€-blad van die sosiale netwerk, FBook. Tik dit net regs bo in die soekblokkie op FBook.
Nota van Benescke: Het jy aan die eksperiment deelgeneem? Skryf gerus vir my en vertel van jou ervaring:
Dit is die einde van ons VAN VREES NA VRYHEID reeks. Dankie vir die fantastiese terugvoer wat ons gehad het. As jy enige kommentaar het wat jy wil byvoeg, stuur dit gerus na
Groetnis, Benescke
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . - Baie geluk aan ons WENNER van die Benescke se nuwe van Kompetisie- Lynette Kriek, Posbus 786141, Sandton, 2146. Jou prys is oppad. Baie dankie aan al die ander deelnemers.
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus