Vers n dag - 7 Mei
DAG 23: OORKOM VREES... MET DIE WOORD – DEEL 4
Deur: Benescke JvR
<Ter agtergrond:Neem deel aan die eksperiment van die week. Wat ek wil hê dat jy moet doen, is om hierdie teksverse op ’n stukkie papier neer te skryf wat jy heeldag met jou kan saamdra (in jou handsak, jou broeksak of beursie). Terwyl jy dan regdeur die dag ’n paar keer oor hierdie teksvers nadink, wil ek hê dat jy jouself moet afvra: 1) Wat wys die teksvers my van God se karakter? 2) Hoe is hierdie teksvers van toepassing op my huidige situasie? (in jou huwelik, jou werkplek, jou gesin, ensovoorts). 3) Hoe gaan ek voortaan hierdie belofte van God deel van my lewe maak?>
TEKSVERS VIR DIE DAG:
· Psalm 118:8: “Om by die Here te skuil is beter as om op mense te vertrou.â€
Kies jy om eerste met God of eerste met mense oor jou probleme te gesels? Natuurlik gebruik God van tyd tot tyd mense om as sy instrumente in ons lewens inspraak te hê. Tog, is dit belangrik om Hom eerste te raadpleeg en dan mense. Is dit wat jy doen?
Vader God, baie dankie dat U die antwoorde het op elke vraag wat ek ooit mag vra. Lei my asseblief deur U Heilige Gees om my vertroue eerste op U te plaas voordat ek met mense oor my hindernisse gesels. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Nota: Maak hierdie “eksperiment†gerus deel van jou stiltetyd deur jou antwoorde op bogenoemde vrae in ’n joernaal neer te pen. Vra die Heilige Gees om jou te help om met nuwe oë na die teksvers te kyk. (Jy kan dan jou ervaring van hierdie “eksperiment†teen die einde van die week met my deel by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .)
NEEM DEEL AAN ONS KOMPETISIE:
Vraag: Wat is Benescke se nuwe van nadat sy onlangs getroud is?
Stuur jou naam, adres en antwoord na kompetisie@versndag.co.za. Die wenner se naam verskyn by Dinsdag se stukkie.
NUUSBROKKIES:
VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN:Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Onthou om foto’s ook saam te stuur. Dit kan oor enigiets wees. Dankie. Benescke
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Sonder die nodige ondersteuning sal die diens nie moontlik wees nie.