Vers n dag - 6 Mei
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 22: OORKOM VREES... MET DIE WOORD – DEEL 3
Deur: Benescke JvR
<Ter agtergrond: Neem deel aan die eksperiment van die week. Wat ek wil hê dat jy moet doen, is om hierdie teksverse op ’n stukkie papier neer te skryf wat jy heeldag met jou kan saamdra (in jou handsak, jou broeksak of beursie). Terwyl jy dan regdeur die dag ’n paar keer oor hierdie teksvers nadink, wil ek hê dat jy jouself moet afvra: 1) Wat wys die teksvers my van God se karakter? 2) Hoe is hierdie teksvers van toepassing op my huidige situasie? (in jou huwelik, jou werkplek, jou gesin, ensovoorts). 3) Hoe gaan ek voortaan hierdie belofte van God deel van my lewe maak?>
VERS VIR DIE DAG:
- Jesaja 41:13: “Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: ‘Moenie bang wees nie. Ek help jou.â€
God help jou deur jou verwerping. Hy is daar wanneer jy slegte nuus ontvang. Ook wanneer jy groot besluite moet neem. Gaan jy vandag jou hand na Hom uitsteek en sy hand vat?
Vader God, baie dankie dat U vandag u hand na my uithou. Lei my asseblief in elke situasie of krisis wat oor my pad mag kom. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Nota: Maak hierdie “eksperiment†gerus deel van jou stiltetyd deur jou antwoorde op bogenoemde vrae in ’n joernaal neer te pen. Vra die Heilige Gees om jou te help om met nuwe oë na die teksvers te kyk. (Jy kan dan jou ervaring van hierdie “eksperiment†teen die einde van die week met my deel by
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus