Hennie Symington

Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Efesiers 3:14-16

Reël ses: Wees gewillig om ʼn bietjie aan jouself te sterf om by God te wees, want God het gesterf om naby aan jou te wees.

Reël sewe: Skep ruimte in jou hart om lief te hê. Beoefen die liefde met toewyding in die wete dat ʼn mens nooit genoeg kan liefhê nie.

Reël agt: Aanvaar wat en wie jy is en moenie daaroor stres nie, maar besef dat jy te kort skiet - net soos elke liewe mense op hierdie aarde! Dit is die aard van die mensdom. God alleen is volledig heel en goed.

Reël nege: Moenie vasklou aan dit wat verby is nie. Aanvaar dat die lewe nie stilstaan nie. Treur oor jou verliese, vier jou oorwinnings, laat waters wat klaar gemaal het, verbygaan en lewe die lewe voluit.

Reël tien: Wees deel van God se gesin. Die lewe is ʼn groepuitstappie wat familie, die gemeenskap, kerk, vaderland en die hele boksendais insluit! Aanvaar dat daar heilige bande is wat jou bind. Vryheid kry alleen betekenis in verbondenheid aan die gemeenskap.

In die lig hiervan, leef soos jy nog nooit tevore geleef het nie; en deel liefde uit soos nog nooit te vore nie. Want God het jou gemaak om te leef en te sterf, te lag, en te huil en te wees wat Hy gedroom het jy kon wees: Sy geliefde kind.

Gebed: Dankie Here dat U hierdie jaar saam met my sal stap. Amen