Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 14 November 2012

Huislikheid en heiligheid deel van menslikheid

Hennie Symington

Op hulle reis het Jesus in ʼn dorp gekom waar ʼn vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het ʼn suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Lukas 10:38-40

In die Bybel ʼn kry ons selde ʼn kykie op Christus se lewe as ʼn gewone mens. Tog is daar ʼn paar geleenthede waar ons Jesus in ʼn doodgewone huishoudelike situasie met die mense naaste aan hom ontmoet.

In die begin van die boek Markus lees ons dat Simon en Andreas hom uitgenooi het vir ete na “kerk”. Toe Jesus hoor dat Simon se moeder ongesteld was, gaan by hy in die huis om haar te groet. Hy neem toe haar hand en maak haar gesond waarna sy opgestaan en vir hulle ʼn maaltyd voorgesit het.

In Lukas bevind Hy hom in ʼn baie menslike en selfs amusante situasie waar die twee susters Maria en Marta op verskillende maniere met hom omgaan. Daar was Maria wat behoorlik  aan elke woord wat uit Jesus se mond kom, hang terwyl hulle lekker gesels, dalk oor wat die mense van hom sê, of oor die betekenis van die gelykenis wat hy kort te vore vertel het. Marta kon haarself nie beteuel nie. Sy storm in en kla by Jesus oor sy wat al die huishoudelike take moet afhandel terwyl Maria aan sy voete sit en niks doen. Hoe menslik! Hoe reageer Jesus hierop? Hy is nie kwaad of geïrriteerd nie. Hy erken eerder elkeen se aard, amper asof Hy wil sê: “Ontspan Marta, doen waarvan jy hou om te doen terwyl Maria doen wat sy verkies om te doen op hierdie oomblik.”

In Christus se gedagtes is huislikheid en heiligheid met mekaar verweef. Hy het aarde toe gekom as ʼn mens en om mens te wees beteken om verhoudings te hê met die wat die naaste aan jou is. Hoe wonderlik menslik van Jesus om dit raak te sien en hoe goddelik van hom om deel te hê aan die intiemiteit wat ʼn gewone familie aan hom kon bied.

Gebed: Here wees U ook ʼn gas in my huis saam met die wat die naaste aan my is.

Previous article: Vers n dag - 15 November 2012 Prev Next article: Vers n dag - 13 November 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.