Bereidheid aan julle voete - 5 Mei 2026
Imogen Campbell
Ten slotte: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel. ... Neem daarom die volle wapenrusting van God op, sodat julle op die dag van onheil weerstand kan bied en, nadat julle alles uitgevoer het, staande kan bly. Staan dan vas, ... deur die bereidheid vir die evangelie van vrede as skoene aan julle voete aan te trek ...
In hierdie merkwaardige Bybelgedeelte word ons vier keer vermaan om vas te staan; teen die duiwel se listighede en om eenvoudig staande te bly. Een manier om dit te doen is deur die bereidheid vir die evangelie van vrede as skoene aan ons voete. Is dit nie teenstrydig, selfs ironies, nie? Staande, vegtend, maar vanuit 'n plek van vrede?
Hierdie gedeelte handel oor geestelike oorlogvoering met wapenbeelde ontleen aan die drag van 'n Romeinse soldaat. Terwyl ek besig was om van my gebreekte enkel te herstel, het ek in my kop nogal gehou van die idee om 'n enkelbeskermer met een van daardie gladiatorsandale te dra. Dit sou my beskerm, het ek gemeen.
Dit is toe dat ek die dra van hierdie Romeinse militêre sandale heroorweeg het. Het jy al die Engelse idioom "tough as old boots" gehoor? Wel, hierdie halfstewel, halfsandaal het geharde Romeinse legioensoldate gehelp om toegerus en gereed vir oorlogvoering te wees.
Met hierdie skoeisel kon hulle doen wat ook al nodig was, veral oorlog voer, aangesien die sandale knoppe op die sole gehad het wat hulle gehelp het om oor ruwe terrein te beweeg, of die vyandige linies te vertrap. Gemaklik, voete kon asemhaal, maar tog dodelik in gevegte. Die arme soldaat op wie daar getrap of wie geskop is! Die sandale het ook struikeling voorkom en die soldaat gehelp om vas op sy voete te staan. Soms het dit hulle gehelp om nie te gly nie, maar net te staan.
Listig kom die duiwel en probeer alles in sy vermoë om ons te laat struikel. Dikwels is ons moeg en die krag waaroor ons beskik skaars genoeg om staande te bly. Wanneer ons definitief nie genoeg krag het om terug te veg nie, kan ons net probeer staan.
Die Bybel leer ons dat ons geestelike wapens gereed vir geestelike oorlogvoering het. Soms sien ons egter nie eers die gevaar kom nie en ons voel asof ons in 'n lokval gelei is met geen tyd om voor te berei nie. Dit is dan wanneer ons net eenvoudig vas moet staan op die evangelie van vrede.
Na alles, die Woord van God is 'n tweesnydende swaard, sowel as die Naam van God. (Openbaring 19:13) Jesus self sal eendag eens en vir altyd met ons dodelike vyand afreken. Tot dan, kom ons doen alles in ons vermoë om staande te bly wanneer om te bly staan, eenvoudig al is wat ons kan doen.
Gebed: Here, dankie dat U ons vir die geveg teen ons dodelike vyand toerus. Ons is dankbaar dat ons teen hom kan opstaan met u Woord in ons harte, gereed om u werk te doen. Amen