Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vertroue: Jesus maak die storm stil - 29 Januarie 2026

Andrea Sieberhagen
 
Toe sê Hy vir hulle: "Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”  Markus 4:40. 1983-vertaling
 
Jesus en sy dissipels besluit om na die oorkant van die meer toe te vaar. Intussen ontstaan 'n storm en die dissipels raak angstig te midde van die wind en die hoë golwe. Jesus slaap rustig, onbewus van die stormagtigheid.
 
Die dissipels maak vir Jesus wakker. “Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: Hou op! Bedaar! Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.” (Markus 4:39) Ek glo die dissipels was verbaas. Jesus was ook verbaas omdat hulle so bang was en bevraagteken hulle geloof.
 
Ons lewens voel heel dikwels stormagtig. Soos die dissipels op die stormsee vaskyk in die reusagtige golwe en sterk wind, kyk ons ook maar vas teen oorweldigende omstandighede en skynbaar onoorkomelike uitdagings. Dan kom baie vra by ons op. Die dissipels vra in Markus 4:38 vir Jesus: "Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Ons vra dikwels soortgelyke vrae wanneer ons lewensoseaan stormagtig raak en paniek dreig om ons te verswelg Jesus se teenvraag in vers 40 gee egter die antwoord onomwonde en weer eens eenvoudig: hou vas aan jou geloof!
 
Gebed: Hemelse Vader, help my om nie in die stormsee om my vas te kyk nie. Help my om te onthou dat U in alle onstuimige omstandighede steeds in beheer is en maak al die storms in my stil. Amen
 
Next article: Vertroue: God kan ongelooflike dinge doen - 28 Januarie 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.