Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Wees anders: Lig vir die wêreld - 20 Januarie 2026

Andrea Sieberhagen
 
"Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Matteus 5:14-15, 1983-vertaling
 
Negatiewe mense veroorsaak donkerte. Hulle veroorsaak skaduwees oral waar hulle gaan, want hulle gemoed is donker. Dis omdat die lig van God nie in hulle is nie.
 
Ons wat die lig wat Jesus in ons lewens ingedra het binne ons het, het 'n verantwoordelikheid om dit verder uit te dra. Dit mag nie binne bly nie, dit mag nie weggesteek word nie! In Matteus 5:16 staan daar “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, kan verheerlik.”
 
As mense God se lig in ons woorde en dade sien, sal die gevolg wees dat Hy verheerlik word. In 'n oorheersende donker wêreld staan iemand wat lig uitstraal onmiddellik uit as “anders”.
 
Ons kan op eenvoudige praktiese maniere baie “lig” bring in mense se lewens. 'n Woord van bemoediging kan donker moedeloosheid wegneem, 'n glimlag kan verligting van bedruktheid bring, 'n bord kos kan honger stil, jou teenwoordigheid kan eensaamheid verdryf. En skielik het jy 'n verskil in iemand se lewe gemaak! Skielik het jy iets vir iemand beteken. Skielik het jy lig in donkerte gebring!
 
Wees lig! Maak 'n verskil! 

Gebed: Hemelse Vader, maak my 'n lig vir hierdie wêreld, sodat ek 'n verskil in die donker wêreld kan maak. Amen

Previous article: Wees anders: Afhanklikes - 21 Januarie 2026 Prev Next article: Wees anders: Sout van die aarde - 19 Januarie 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.