Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Weet waar om krag te soek: Innerlik sterk - 8 Desember 2025

Andrea Sieberhagen
 
Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. Efesiërs 3:16, 1983-vertaling
 
As ons Efesiërs 3:16 lees is daar 'n wonderlike gebed in opgesluit. 'n Gebed vir innerlike krag. Ons sal ons daaglikse probleme soveel makliker hanteer as ons “innerlik sterk” is. As ons krag van binne af kom. Te dikwels maak ons staat op ander eksterne faktore om ons deur 'n dag te dra. Ons maak veral staat op die mense rondom ons. Ons is dalk net té afhanklik van hulle ondersteuning, hulle goedkeuring, hulle applous en erkenning.
 
As jy innerlik sterk is vind jy jou krag binne jouself. Jy kan egter net hierdie krag gebruik as jy op die regte plek “ingeprop” is. As die mense om jou, jou kragbron is, sal jy dikwels die frustrasie van kragonderbrekings ervaar omdat mense maar baie onbetroubaar is.
 
Die enigste volhoubare bron van krag is by God die Vader en sy Woord. As jy jou geestelike batterye by God en sy Woord gaan herlaai, wanneer jy moeg en emosioneel uitgeput is, sal jy ervaar dat jou krag werklik van binne kom! Dan is daar skielik weer lig op jou pad en warmte in jou hart! Dan kan jy weer jou rigting vind in hierdie deurmekaar wêreld en liefde voel vir almal rondom jou. En uiteindelik is jy ook ontslae van die onderliggende “unplugged” gevoel wat jou so kragteloos deur jou dag laat worstel het.
 
Gebed:
My gebed vir jou
is dat God deur sy Gees
aan jou die krag sal gee
om innerlik so sterk te wees
dat jy kan weet, deur elke dag
vul hy jou met nuwe krag.
Next article: Jesus tussen mense: Getsemane: God se wil - 5 Desember 2025 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.