Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Jesus tussen mense: Getsemane: God se wil - 5 Desember 2025

Andrea Sieberhagen 

Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword en vir hulle gesê: "Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!  Markus 14:33, 1983-vertaling
 
In die tuin van Getsemane sien ons weer eens Jesus se mensheid tussen mense. Hy neem van sy dissipels saam met Hom. Eg menslik, wil Hy nie alleen wees in sy uur van angs nie. Hy is bang omdat Hy weet wat sy toekoms inhou. Daar lê 'n moeilike pad voor Hom. Hy wéét dat die kruis op hom wag en dat Hy eers daarna na die Vaderhuis sal gaan.
 
Die Godskind sien die rede, maar die menskind bid dat as dit moontlik is: "Neem hierdie lydensbeker van My af weg", maar dan bid Hy ook verder “Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.” (Markus 14:36)
 
God het mens geword op hierdie aarde om sy genade volkome oor ons uit te stort. Hy het namens ons aan die kruis gesterf en ons skuld gedra.
 
Ons beland ook soms in omstandighede waarin ons angstig of selfs doodsbenoud oor die toekoms voel. Jesus verstaan, want Hy was reeds daar. As ons dan ook soos Hy tot God kan bid, nogtans nie soos ek wil nie ...
 
Dikwels dink ons, dat ons weet wat die beste vir ons is, maar God weet altyd beter.
 
Dis nie altyd maklik om so volkome oor te gee nie, maar ons kan daarna streef om die perfekte voorbeeld na te volg.
 
Gebed: Hemelse Vader, gee aan my die kalmte van gees om my volkome aan u wil te onderwerp. Amen
Next article: Jesus tussen mense: Wees soos 'n kind - 4 Desember 2025 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.