Imogen Campbell
 
Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van geregtigheid ... Efesiërs 6:14, 2020-vertaling
 
Die belangrikheid van die borsplaat as deel van die wapenrusting om die duiwel te uitoorlê, word soms misgekyk. Dit beskerm 'n mens se hart, wat in die Bybel ons verstand, wil en denke verteenwoordig. Die duiwel probeer aanhoudend om 'n vastrapplek in ons harte te kry want as hy die hart binnegedring het, kan hy chaos in ons lewens veroorsaak.
 
Die Bybel sê die volgende: "Word kwaad, maar moenie sondig nie. Laat die son nie ondergaan oor julle woede nie. Moenie vir die Duiwel plek gee nie." (Efesiërs 4:26-27)
 
Ek het eers onlangs geleer wat die borsplaat werklik in hierdie stryd beteken. Die duiwel dring ons gedagtes binne en vul ons met kritiek. Dit is slegs wanneer ons vasstaan in geregtigheid – soos Jesus dit vir ons uitbeeld – en ook deur regverdig te leef, dat ons oorwinning kan behaal.
 
Dawid illustreer dit baie goed tydens sy geveg met Goliat. Volgens sy geloof het hy op beide God en sy lewensvaardighede vertrou en daardeur is sy selfvertroue om sy teëstander aan te pak, versterk. "Toe sê Dawid vir Saul: “U dienaar het nog altyd vir sy vader die kleinvee opgepas. Wanneer daar 'n leeu of 'n beer kom en 'n lam uit die trop wegdra, gaan ek uit agter hom aan, slaan hom plat en ruk die lam uit sy bek. As hy opstaan en my aanval, gryp ek hom aan sy kaak, slaan hom plat en maak hom dood. U dienaar het al 'n leeu en selfs ook 'n beer doodgeslaan. Met hierdie onbesnede Filistyn sal dit net soos met een van hulle gaan, omdat hy 'n bespotting maak van die gevegslinies van die lewende God. Die Here wat my gered het uit die klou van 'n leeu en die klou van 'n beer,” het Dawid gesê, “dit is Hy wat my sal red uit die hand van hierdie Filistyn.” (1 Samuel 17:34-37)
 
Hoe kragtig kan die lewe van 'n Christen nie wees as ons maar net aan die Woord van God wil vashou nie. Dan op die dag wat die duiwel kom om ons te terroriseer, kan ons hom van ons geloof vertel en van die suksesse wat ons deur God behaal het. Die Bybel spoor ons aan om die duiwel te weerstaan en dan sal hy van ons wegvlug. (Jakobus 4:7) Daarom, as ons aan die Woord vashou, en regverdig en gehoorsaam voor God leef, het die duiwel geen ander keuse as om weg te gaan nie. Dit is hoe kragtig gehoorsaamheid en geregtigheid is.
 
Soos Jesus wag die duiwel ook vir 'n geskikte oomblik om aan te val, maar gelowiges word versterk deur die wete dat een ronde van die geveg reeds gewen is; dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is soos D-dag al daardie jare gelede vir die Geallieerdes op die strande van Normandië in Frankryk was. Hulle het daardie dag miskien net 'n klein deeltjie verower, maar dit was genoeg om die gety van die Tweede Wêreldoorlog in hulle guns te draai.
 
Deur nie 'n duim toe te gee nie, kan ons net help in ons stryd teen die duiwel. Die bekende woorde van Winston Churchill verwoord dit die beste: “We shall fight on beaches, we shall fight on the landing grounds, we shall fight in the streets, we shall fight in the hills. We shall never surrender. “
 
Gebed: Hemelse Vader, help ons asseblief om volgens u Woord te leef. Gee dat dit ons lewens sal rig sodat ons as oorwinnaars kan leef. Amen