Imogen Campbell
 
Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.”  Eksodus 14:13-14, 1983-vertaling
 
Die Ou Testament beskryf vir ons die lewens van die patriarge en hulle families, God se uitverkorenes. Hy het die Israeliete gekies om die nasie te word deur wie die hele wêreld seën sou ontvang en die Hebreeuse Bybel is vandag steeds deel van die bronteks van ons Bybel.
 
In "Finding Messiah" skryf Jennifer M Rossner: “… in reality, what are so often perceived as dusty Jewish concepts stood at the very heart of Jesus’ gospel proclamation. For his early followers, Jesus’ mission and message was absolutely incomprehensible outside the framework of God’s covenant with the Jewish people and the promises that anchored that covenant. Jesus came to fulfil the promises that had been made to the people of Israel, not to replace God’s chosen people with a new group.”
 
Lank gelede was Israel 'n ontluikende volk met feitlik geen militêre vermoë nie. Die Here het verkies om self vir Israel te veg wanneer hulle vyande hulle bedreig en die duiwel probeer het om God se plan te verydel. Kort na die tien plae het Israel Egipte verlaat, maar die Egiptenare was gou spyt dat hulle hulle laat gaan het en het hulle agtervolg. God het egter ingetree: "Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” (Eksodus 14:13-14)
 
Daar was 'n ander keer wat God self Israel teen hulle vyande verdedig het toe hulle deur uitwissing bedreig is. Hulle was ongetwyfeld baie bly toe God hulle gered het, soos dit vir ons in 2 Kronieke 20 opgeteken is, maar Hy het nietemin van hulle verlang om stelling in te neem. "Toe kom die Gees van die Here daar in die gemeente oor die Leviet Jagasiël seun van Sagaria ... en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God. Trek hulle môre tegemoet ... Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.” (2 Kronieke 20:14-17)
 
Hierdie gedeeltes het nog altyd baie vir my beteken, veral op daardie dae wanneer ek voel asof die aanslae van die lewe my sonder ophou tref. Dikwels voel ek nie opgewasse vir die taak nie en ondanks baie teksverse wat my aanmoedig om nie bang te wees nie, herinner hierdie gedeeltes my opnuut aan die krag van God.
 
Die wonderlikste nuus egter is dat God vir ons veg. Jesus het daardie dag aan die kruis oorlog toe gegaan teen die duiwel. Deur sy bloed vir ons te stort, het Hy ons vir altyd van die angel van die dood bevry. Hy het gesterf om ons te red en sodat ons sonder skuld, skaamte of vrees kan leef. Deur sy genade is dit vir ons moontlik om nou reeds vrede (shalom) te ondervind, maar eendag sal ons dit ten volle beleef. Halleluja!
 
Gebed: Hemelse Vader, dankie dat u Woord ons leer om vas te staan en stelling in te neem. Selfs wanneer U vir ons veg moet ons nie passief wees nie. U wil hê dat ons ten volle teenwoordig en toegewyd moet wees. Amen