Imogen Campbell
 
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Efesiërs 6:11-12, 1983-vertaling
 
Boeing het die afgelope paar jaar 'n verskriklike tyd beleef – ongelukke, 'n minder as honderd persent veiligheidsrekord en groot skade aan sy eens skitterende reputasie. En sy probleme het nou selfs tot die ruimte uitgebrei. NASA-ruimtevaarders wat van Boeing afhanklik is om na die aarde terug te keer, sit nou as gevolg van tegniese probleme vas op die ruimtestasie – dit is nou vir jou probleme op aarde en in die hemelruim.
 
Snaaks genoeg dit is presies ook ons probleem. Kom ek verduidelik. Ons woon op aarde, maar ons vyand met al sy bose magte in die geestelike wêreld maak dit baie moeilik vir enigiemand om vir God te leef.
 
Die Bybel leer ons dat die bron van ons probleme nie van vlees of bloed is nie – ja ons het al almal gehoor van die baas, kollegas of skoonma van "hel", maar hulle is niks in vergelyking met ons vyand nie. Ons vyand en sy magte is harteloos – hulle is duiwels.
 
Op die koop toe is ons aartsvyand onsigbaar – inderwaarheid dit is wat hierdie uitgeworpene, hierdie aartsopponent, so dodelik maak. Meeste kere kan ons nie eers die vlammende pyle van 'n naderende ramp sien aankom nie.
 
Satan se stryd met God en sy magtige engeleleër het na die aarde oorgespoel. Ons het 'n keuse, of om ongelukkige toeskouers te wees of om om volskaals by die geveg teen ons betrokke te raak. Satan het reeds oor en oor bewys dat hy geen berou het nie en dat hy op 'n manier tot die dood toe sal aanhou veg.
 
Daar sal geen vrede op aarde wees totdat daar met hierdie strydende faksies afgereken is nie. Ons is 'n kans gegun om te kies aan wie se kant ons gaan sterf. Die dag sal kom wanneer God finaal met die duiwel en sy veragtelike dade sal deel. Tot dan sal baie gevegte in die geestelike ryk woed asook op die aardse oorlogsvelde: beide met werklike gevolge.
 
Verminkte soldate en militêre begrafnisoptogte getuig van die prys wat vir fisiese oorloë betaal word, maar wie weet regtig wat die volle koste is van die geestelike stryd wat veroorsaak dat baie hulle plek in die hiernamaals verloor?
 
Gebed: Hemelse Vader, ons bevind ons onbedoeld in 'n oorlog waarmee ons nie begin het nie. Ons vyand is baie slinks. Dankie vir u genade en dat U gewillig was om die lewe van u Seun op te offer om ons van die tirannie van die duiwel te bevry. Ons loof u Naam. Amen