Louise Gevers 

Sinloos, volslae sinloos, sê Prediker, sinloos, volslae sinloos; alles is sinloos!  Prediker 1:2, 1983-vertaling
 
Sedert die antieke tye oordink mense die betekenis van die lewe. Ons doen dit vandag steeds en dikwels soek ons deur die wysheid van die ou filosowe of oosterse gelowe na nuwe insigte of hoe om met lewensuitdagings te deel. Geïnspireerde kuns, beeldhouwerk, literatuur en dialoog lewer ook 'n bydrae tot hierdie eksplorasie, terwyl vele selhelpboeke en potgooie soekers uitnooi om hulleself oop te stel om toegerus te word om holistiese, suksesvolle lewens te kan lei.
 
Dit is logies dat ons na die begin van lewe sal draai vir hulp. Dit sal nie 'n kitsoplossing bring nie, maar wel die waarheid. In die Bybel voorsien God deur verskillende dissiplines sy volle raadsplan sodat ons die lewe kan verstaan, en daardeur word Hy onvermydelik aan ons geopenbaar.
 
Ek moet bely, as jongmens was ek nogal geskok toe ek die boek Prediker in die Bybel ontdek en met toenemende verwondering deur Salomo se ondervindings, steeds so algemeen in ons wêreld, gelees het. Ek kon nie glo dat hierdie pessimistiese standpunte in die Bybel hoort nie – veral na hoofstuk 3 waar God se perfekte tydsberekening vir alle mense op so 'n welsprekende manier uitgedruk word.
 
Tog, baie jare later, waardeer ek hierdie boek as een wat steeds tot vandag se lewe spreek, en sy lesers in 'n veel dieper begrip anker as enige ander boek. Dit spreek die doelloosheid aan wat oor die wêreld heen in baie mense se lewens voorkom en wat hulle lustelose ervarings en gebrek aan blydskap openbaar. Miskien sien ons dit in ons eie kringe of ondervind dit self.
 
Salomo se soeke na betekenis deur sy eie pogings was vrugteloos. Hy het ten spyte van die verstommende prestasies en groot rykdom wat hy bereik het, 'n vreugdelose leegheid ondervind: "Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld? Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wêreld bly altyd dieselfde. Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy opkom." (Prediker 1:3-5, 1983-vertaling)
 
Salomo se obsessiewe gejaag na geluk deur plesier het hom verblind vir die goeie dinge wat God vir die mens se plesier gemaak het: die vreugde van 'n mooi sonsopkoms, die onskuldigheid van kinders, die voorreg om te kan werk. Hy het die vreugde, betekenis en doel van die alledaagse dinge wat God ten goede gemaak het, as vanselfsprekend aanvaar.
 
Miskien verloor ons ook fokus en vergeet dat God die lewe as 'n geskenk bedoel het, om in oorvloed saam met Hom te leef en nie as 'n las om alleen te dra nie.
 
Hierdie maand gaan ons die betekenis van "Leef voluit" ondersoek deur ons harte oop te stel vir na waar die lewe begin het – in die hart van God – en die Heilige Gees vra om ons elke dag te inspireer sodat ons die gawe van lewe beter kan verstaan, daarin kan groei en ons in ons doel hier op aarde kan verbly. Onthou: "Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd. Hy het ook die besef van tydsduur in hulle harte gegee, sonder dat die mens enigsins die werk wat God van begin tot einde doen, kan peil." (Prediker 3:11)
 
Gebed: "Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde, U wat u luister bo die hemelruim vestig. Deur die mond van kleuters en suigelinge het U mag gevestig ... (Psalm 8:2-3a) Mag u troue liefde oor ons wees, Here, terwyl ons op U wag!" (Psalm 33:22) Amen