Louise Gevers 

Here, neem dan nou maar my lewe van my weg, want dit is vir my beter om te sterf as om te leef.” Daarop sê die Here: “Is dit reg dat jy so kwaad is?” Jona 4:3-5, 2020-vertaling
 
Elke profeet wat die Here geroep het om Hom te dien, het 'n unieke persoonlikheid en lewensuitkyk gehad met eienaardighede wat Hom dikwels gehelp het om hardkoppige mense aan te spreek. Maar Jona was anders in die sin dat hy eiesinnig en nie baie gehoorsaam was nie, hy was dikwels gegrief en het God en ander mense kwalik geneem.
 
Wanneer 'n persoon groot hartseer na 'n tragedie moet verwerk is dit nie buitengewoon om vir God kwaad te wees en te wens om dood te gaan nie. Die emosie verander egter gewoonlik wanneer genesing oor tyd plaasvind. Geen tragedie wat tot sulke swartgalligheid aanleiding kon gee, het Jona egter op hierdie stadium getref nie, en God vra dus tereg: “Is dit reg dat jy so kwaad is?”
 
Die rede vir Jona se woede vind ons in die voorafgaande verse: Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het." (Jona 4:2, 1983-vertaling) Jona was kwaad want hy het nog nie die mense van Nineve vergewe nie en hy was gegrief omdat God aan hulle genade betoon het. Het jy al ooit so gevoel?
 
Om aan haat en onvergewensgesinheid vas te klou, beskadig ons persepsie van God: in ons gedagtes is ons BBP's en ons vergeet wie God werklik is – dat sy "optrede verhewe [is] bo [ons] optrede en [sy] gedagtes bo [ons] gedagtes." (Jesaja 55:9, 1983-vertaling) Ons aanbid Hom miskien as die Almagtige God, maar ons wil nogtans hê dat Hy moet doen wat ons wil hê.
 
Miskien was dit die geval met Jona. Hy het die Assiriërs gehaat en gevrees en hy het nie omgegee of hulle sterf nie. Trouens, hy wou dat God hulle vernietig en net sy kampvegter moet wees. Maar God het dit nie gedoen nie en Jona was woedend. Al die pad het hy egter geweet dat God sou God wees – liefdevol, vergewensgesind, onveranderlik – en hy het besef dat die missie wat aan hom toevertrou is, was in werklikheid om sy vyande te red, wat hy dan ook, na baie uitstel en wroeging, teësinnig gedoen het.
 
Ten spyte van Jona se beste pogings om God te vermy deur selfs weg te hardloop in die teenoorgestelde rigting, het God hom agtervolg en gedissiplineer – deur hom tyd te laat deurbring in die groot vis se maag. Na daardie drie dae was Jona gereed om in Nineve te gaan preek.
 
Die was so geslaagd dat die Assiriërs hulle bekeer het van hulle verkeerde dade en God aan hulle genade bewys het. Hy kon sien wat Jona nie kon nie – hulle nederige gehoorsaamheid en hulle behoeftes. Vir God was hulle swak en hulpeloos: "meer as honderd en twintig duisend mense wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere”. (Jona 4:11)
 
Die wonder van God se genadige, liefdevolle aard is merkwaardig en dit word geopenbaar in die sagte manier wat Hy met al hierdie mense omgaan, en dit bewys aan sy selfbehepte, ontevrede dienaar wat werklike waardes is.
 
Watter soort dienaar is jy?
 
Hoe ernstig neem ons God op wanneer Hy aan ons 'n opdrag gee?
 
Gebed: Genadige Vader, dankie dat U ons swakheid verstaan en dat U ons met u liefde seën. "Laat almal wat by U skuil, bly wees; laat hulle vir altyd juig en sprei U beskerming oor hulle uit. Laat dié wat u Naam liefhet, oor U jubel." (Psalm 5:11, 2020-vertaling) Amen