Louise Gevers 

Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader. Filippense 2:9-11
 
Ek sal nooit vergeet hoe ek in 2012 in die Champs Élysées gestaan en in verwondering die manjifieke militêre parade en verbyvlug ter viering van die Franse Nasionale Dag dopgehou het nie. Dit was 'n skitterende vertoning van kleur, presisie en mag wat beide toeriste en Parysenaars betower het.
 
Al die prag en praal van 'n koninklike geleentheid, 'n nasionale feesparade of 'n glansryke toekenningseremonie het groot aantrekkingskrag vir die mensdom, want dit is so anders as die alledaagse van die gewone wêreld. Dit gee ons 'n fassinerende blik in die wêreld van rykdom, mag en roem, dikwels met sy eie reëls en waardes wat mense ter wille van die rolspelers eerbiedig, selfs al hou nie almal met so 'n leefstyl daarby nie.
 
Maar of jy nou ryk en magtig is of nie, almal beleef in die lewe dieselfde daaglikse versoekings en geestelike stryd. Miskien het Jesus gesê: "dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom” (Markus 10:25) omdat sonder rykdom het ons geen illusie dat ons beter is as wat ons eintlik is nie, en dat ons nie God se genade benodig nie. "Het God nie die armes in die wêreld gekies om ryk in die geloof te wees nie" (Jakobus 2:5) omdat hulle makliker op Hom vertrou nie?
 
Selfs al sou God ons met groot rykdom seën, as ons fokus sy koninkryk is, het ons Jesus se leringe, wat elkeen van ons behoort te leer, om te help om ons op die regte pad te hou.
 
Mag, aansien en fisiese behoeftes was die fokuspunte waarmee die duiwel Jesus in die woestyn versoek het. Dit was nie die enigste versoekings in daardie periode van 40 dae nie, maar dit was die belangrikes in Jesus se lewe wat, as die duiwel geslaag het, sou verseker dat Hy nooit die kruis sou bereik om oorwinning oor die dood te behaal nie, en alles sou verlore gaan. Deur die eeue en tot vandag nog, beȉnvloed dieselfde versoekings die lewens van mense.
 
Maar Jesus het nooit vergeet hoekom Hy na die aarde gekom het nie. Hy het die duiwel se brood om sy honger te stil, verwerp; Hy het geweier om van die hoogste punt van die tempel af te spring en so sy Vader se krag om Hom te red, te toets en Hy het geweier om die duiwel te aanbid toe Hy die aanbod om al die mag en rykdom van al die koninkryke op aarde te kan besit, verwerp het.
 
Maar Jesus het Jerusalem binnegery " ... regverdig en [as] 'n oorwinnaar … nederig en … op 'n donkie," (Sagaria 9:9) omring deur 'n skare wat uitroep: "Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!” (Matteus 21:9)
 
Gebed: Here Jesus, dankie dat U op geen manier gewankel het nie, maar die oorwinning oor sonde en dood behaal het. In u Naam sal "elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie … buig, en elke tong sal erken: “Jesus Christus is Here! tot eer van God die Vader. Amen