Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Hoe eet ‘n mens sjokolade?  Volgens Britse sjokoladekenner, Jen Earle moet sjokolade gesuig en nie gekou word nie. Só sal jy aan die begin, middel en einde verskillende smake geniet.

 

Die bestudering van die Woord van God kan met die sjokolade eet raad vergelyk word. In stede daarvan om dit te sien as ‘n “taak” wat afgehandel moet word, is dit nodig om dit wat jy lees te oordink (amper soos om die sjokolade te suig). Doen ons dít sal ons dieselfde gedeelte kan lees, maar verskillende “smake” in verskillende seisoene van ons lewens beleef. 

 

Hoekom? Want die Woord van God is lewend en kragtig (Hebreërs 4:12). Die Psalmdigter beskryf dit in Psalm 119:103 só: “Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond.” Dit is die swaard waarmee ons die vyand beveg (Efesiërs 6:17).

 

Kom ons tel die Woord van God op. Kom ons oordink dit. Kom ons beleef hoe God vandag nog met ons praat.  Hy is stééds God. Sterkte. 

 

Vader God, baie dankie vir u Woord. Breek dit vir my oop deur u Heilige Gees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

 

·         Nuwe boekKry Benescke Janse van Rensburg se nuutste boek, God is stééds God, met meer as 60 lewensveranderende geloofstories hier:  https://benescke.co.za/aanlyn-winkel/ Gebruik die koepon VERS vir ’n spesiale prys.

 

·         Terugvoer: As jy wil terugvoer gee rondom die reeks of ook ’n getuienis het wat jy graag wil deel, gebruik gerus hierdie epos-adres: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..