Deur Benescke Janse van Rensburg

Elke dag neem ons besluite. Sommige dae is dit maklik. Ander dae geweldig moeilik. Ons keuses bepaal egter ons lewenskoers. Onlangs lees ek hierdie stukkie op sosiale media raak:

“Marriage is hard. Divorce is hard. Choose your hard.

Obesity is hard. Being fit is hard. Choose your hard.

Being in dept is hard. Being financially disciplined is hard. Choose your hard.

Communication is hard. Not communicating is hard. Choose your hard.

Life will never be easy. It will always be hard. But we can choose our hard. Pick wisely.”

Elke besluit het gevolge. Omdat ons glo dat God die toekoms ken en bepaal, kan ons Hom raadpleeg met elke besluit. In Spreuke 2:6 lees ons: “Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.” Ook in Spreuke 3:5-6 staan geskryf: Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak” (1953-vertaling). En dan in Spreuke 1:7 vind ons die sleutel tot wysheid, kennis en goeie keuses: Kennis begin met eerbied vir die Here.”

Eerbied vir God beteken dat ons Hom respekteer. Dit beteken dat ons Hom gehoorsaam al verstaan ons nie hoekom Hy ons in ’n bepaalde rigting lei. Ons doen dit omdat ons Hom lief het en weet dat Hy stééds God is.

Benodig jy wysheid vandag? Praat gerus met God, die Bron van alle kennis en wysheid. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat ek U vir wysheid kan vra wanneer ek besluite moet neem. Ek bring vandag spesifiek (noem jou situasie) na U toe. Lei my deur u Heilige Gees en versterk my om gehoorsaam te wees aan U. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

 

 

  • Gebruik die koepon VERS vir ’n spesiale prys.

 

  • Terugvoer: As jy wil terugvoer gee rondom die reeks of ook ’n getuienis het wat jy graag wil deel, gebruik gerus hierdie epos-adres: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..