Xanthe Hancox

Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.  Titus 2:11-14

In sy kort briefie aan Titus, 'n prediker op die eiland Kreta, beklemtoon die apostel Paulus hoe ons tussen Christus se eerste koms en sy wederkoms moet leef. Om ons te help om in ons Chritelike lewe koers te hou, herinner die apostel ons aan 'n groot geskenk wat ons deur Christus se koms na die aarde ontvang het, naamlik die gawe van hoop.

Vandag se gedeelte bevat 'n wonderlike verklaring van genade. Dit beteken dat ons niks hoef te doen om ons verlossing te verdien nie. Jesus Christus het reeds verlossing vir ons verdien, en Hy bied dit vir ons aan as 'n gratis geskenk van genade.

Maar dit is nie al wat God se genade voorsien nie. God se genade vorm ons om heilig en rein te leef.

Maar dit beteken nie dat ons eers heilig en rein moet word sodat ons ons verlossing kan verdien nie. Dit is eerder die verlossing wat Jesus verniet aan ons gee wat ons leer en vorm in mense wat heilig en uit dankbaarheid leef. Verlossing kom eerste en heiligmaking is die gevolg.

Die goeie nuus vir mense oral is dat Jesus verlossing gee aan almal wat in Hom glo. Daar is egter nog beter goeie nuus. Bykomend tot ons verlossing, gee Jesus reg nou aan ons nuwe lewe.

Gebed: Heilige God, maak ons meer en meer soos Jesus elke dag. Help ons om in selfbeheersing en opregtheid te lewe, terwyl ons ons dankbaarheid teenoor U vir u wonderlike genade uitleef. Amen