Xanthe Hancox

Maar in die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie. In die verlede het die Here die gebiede Sebulon en Naftali verneder, maar in die toekoms sal Hy die pad na die see van Galilea toe, die Jordaanstreek en die gebied van die heidene in ere herstel. Die volk wat in donkerte geleef het, het 'n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het 'n lig geskyn.  Jesaja 8:23-9:1

Die woorde van die profeet Jesaja voorspel die geboorte van Jesus, en hoekom dit hoop aan die wêreld bring. Hierdie gedeelte word dikwels gedurende die Kerstyd gelees, maar ek dink dit is onmoontlik om oor hoop te praat sonder om ook te kyk na wat Jesaja sê.

In die profesie van Jesaja word donkerte en lig gebruik om sonde en verlossing te verteenwoordig. Sonder Christus is ons verlore in die donkerte van die sonde. Maar danksy die geboorte van Jesus het ons hoop in die lig van God, in sy oorwinning oor sonde en die dood. God beloof aan ons verlossing in Jesus.

In ons wêreld en in ons lewe voel dit soms asof die duisternis oorweldigend is. Dit lyk soms asof hartseer en sonde die oorhand kry, terwyl die lig van goedheid en vreugde in die skaduwees versteek word.

Maar die Woord van God beloof ons dat deur Jesus lig na die wêreld kom. Jesaja beloof 'n Verlosser wat oor die wêreld sal heers. Verder aan in hierdie hoofstuk noem Jesaja die name wat Jesus genoem sal word: "Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors." (Jesaja 9:5) Sy heerskappy sal vrede en vreugde na die wêreld bring. "Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring." (Jesaja 9:6)

Die Bybel is saamgestel uit 66 boeke wat oor 'n tydperk van ongeveer 1 500 jaar geskryf is. Die vervulling van die Ou Testament profesieë in die lewe van Jesus is werklik wonderbaarlik.

Gebed: God van vele beloftes, ons dank U vir die lig van hoop wat U deur Jesus aan ons gegee het. Dankie vir die sekerheid van u Woord. Amen