Vers n dag - 29 Julie 2011
Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms
DAG 20: GOD BESTAAN!
Deur Benescke Janse van Rensburg
In hierdie week het ek verskeie e-posse van lesers gekry. Sommige het vertel van hulle vrese vir die einde van die maand aangesien hulle nie weet waar die geld vandaan gaan kom om hulle rekeninge te betaal nie. Ander het vertel dat hulle werkkontrakte wat vandag eindig en hulle nie weet waar volgende maand se inkomste vandaan gaan kom nie. En daar was een leser wat vertel het dat sy naweke vrees omdat haar geliefde ’n drankprobleem het en sy nooit weet wat die naweek vir haar sal inhou nie.
Kan jy vandag met hierdie lesers identifiseer aangesien jy ook met vrees in jou lewe sit? Wat is jou reaksie te midde van hierdie storm? Begin jy twyfel of God bestaan of wend jy doelbewus ’n poging aan om tot God te nader en Hom beter te leer ken?
Ek deel graag twee gesegdes met jou. Die eerste is van ’n Duitse filosoof wat in die laatste gedeelte van die 19de eeu geleef het en die tweede is van Dawid, die Psalmdigter wat deur God as “’n man na aan My hart” beskryf is:
-
“God is dood” – Friedrich Nietzsche, filosoof.
-
“Die dwaas sê in sy hart: ‘Daar is geen God nie.’” – Dawid, Psalm 14:1.
Ons geloof word die beste getoets wanneer ’n storm ons tref en ons slegs op God kan vertrou om ons deur te dra. Wanneer ons te midde van hierdie storm kies om ons geloof, hoop en vertroue in God te plaas en Hom ons skuilplek te maak, beskerm Hy ons nie net nie; Hy maak ook die storm stil. Kom ons hou ons oë vandag op Hom en bid vir sy bonatuurlike wysheid en leiding. Hy sal jou deurdra – Hy doen dit immers altyd! Sterkte.
Vader God, dankie dat ek kan weet dat U bestaan en dat U my liefhet. Ek verklaar vandag opnuut dat ek op U vertrou en dat ek my hoop op U plaas. Versterk my asseblief vandag. Ek bid dit in die naam van Jesus Christus. Amen.
** Benescke tree op hierdie Saterdag, 30 Julie 2011 by die Sprankel-Vrouekonferensie by die La Rochelle Kerk in Bellville. Kontakpersoon: Hanneli 021 919 6468 of
**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
-
PRAATJIE:
-
Benescke tree op as spreker by:
-
Dinsdag, 9 Augustus 2011: By die Logos Kerksaal in Bellville. Kontakpersoon: Mari van Eeden by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus