Vers n dag - 26 Julie 2011
Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms.
DAG 17: PRYS HOM. . .
Deur Benescke Janse van Rensburg
Twee verse. Twee opdragte. Twee kragtige beloftes.
Dít is wat ons in Psalm 117, die kortste Psalm in die Bybel, vind. Luister weer na die Psalmdigter se woorde: “Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke, want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here is daar geen einde nie! Prys die Here.” (Psalm 117:1-2)
Stop vir ’n oomblik en lees vinnig weer deur die twee verse.
Wat moet ons doen? “Loof en prys die Here.” Hoekom doen ons dit? “Want sy liefde vir ons is sterk en aan sy trou is daar geen einde nie.”
Besef jy dat geen sonde wat jy gepleeg het en oor berou het te groot vir God is om te vergewe nie? Ook dat geen stormwind wat jou lewe mag skud ooit te sterk vir Hom s om stil te maak nie?
Nie die dokter se diagnose nie. Nie jou lewensmaat wat jy vermoed ’n hunkering na iemand anders buite julle huwelik het nie. Nie eens jou kredietkaart wat so ver in die rooi is dat jy wonder hoe jy deur die maand gaan kom nie. Nee, niks is vir God te groot nie. Hy kan genees. Hy kan jou huwelik beskerm wanneer jy magteloos voel. Hy kan vir jou op vreemde maniere ’n finansiële (of watter ander deurbraak jy ook al benodig) bewerkstellig. En Hy vergewe elke sonde waaroor ons berou het. Hoekom? Want sy liefde vir ons is sterk en aan sy trou is daar geen einde nie.
Kom ons maak God vandag opnuut die rots waarop ons ons lewens bou. En kom ons loof en prys Hom as die Skepper van die heelal, die Koning van konings, die Here van here, want sy liefde is sterk en aan sy trou is daar waarlik geen einde nie! Sterkte.
Vader God, ek loof en prys U vir u almag en heerlikheid. Dankie dat U my nooit sal verlaat of my in die steek sal laat nie. Help my om in moeilike tye my oë op U te hou met die wete dat geen stormwind ooit vir U te sterk is nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
-
PRAATJIE:
-
Benescke tree op as spreker by:
-
Saterdag, 30 Julie 2011: Sprankel-Vrouekonferensie by die La Rochelle Kerk in Bellville. Kontakpersoon: Hanneli 021 919 6468 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . -
Dinsdag, 9 Augustus 2011: By die Logos Kerksaal in Bellville. Kontakpersoon: Mari van Eeden by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus