Vers n dag - 16 Junie 2011
Met ander oë
Carina Francke
Skrifgedeelte:
1 Samuel 16:7 (OAV)
Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die mens sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.
Spreuke 4:23 (NAV)
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.â€
Â
Die profeet Samuel kry opdrag om ’n nuwe koning in die plek van Saul te salf, maar die Here gee nie ’n beskrywing van hoe die nuwe koning lyk nie. Samuel moet uit die agt seuns van Isai, die regte een salf. Die eerste seun beïndruk met sy lengte en voorkoms en Samuel dink dat dit die nuwe koning gaan wees, maar die Here sê beslis “Nee!† Dieselfde met die ander ses seuns. Uiteindelik laat roep hulle die jongste seun uit die veld: ’n skaapwagter.  Die onwaarskynlikste kandidaat is die Here se keuse om die nuwe koning te word.
Â
Ons maak ook soos Samuel: ons beoordeel baie dikwels mense op grond van hulle uiterlike voorkoms, posisie, prestasies van die verlede, of die besigheid wat hulle kan inbring. Daar word selde gekyk na integriteit, werksetiek, of menseverhoudinge.
Â
Ons sien nie die hart van ander mense raak nie.
Â
Maar ons kan in ons eie harte inkyk en iets daaraan doen. Jy sien, uit die hart kom als wat edel en goed is, maar ook die dinge wat sleg en lelik is. Om mense regverdig te beoordeel, moet ek myself meet aan die volgende kriteria: “Het ek die Here lief uit my hele hart, met my hele siel, al my krag en hele verstand?“(Luk 10:27). “Doen ek aan ander wat ek graag wil hê hulle moet aan my doen?†(Luk 6:31) ’n “Ja†maak dan moontlikhede vir my oop om mense se harte raak te sien, want ek kyk nou ook met my hart.
Dit maak is baie belangrik wat die Here oor jou sê, maar dit maak tog ook saak hoe mense jou beleef. Leef vanuit ’n opregte, bewaakte hart, vol van liefde en genade teenoor mense. En dalk is dit jou beskore om mense se harte raak te sien
Gebed: Here, ek wil anders na mense begin kyk, maar dan het ek nodig om hulle deur U oë te sien. Slegs vanuit my verhouding met U sal ek so kan kyk en daarvoor het ek U inspraak nodig. Amen.